Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Three Afrikaner smallholder-families, Becker, Bernitz and Wijma, targets of 5 armed black males - video:

$
0
0
Video: smallholding attacks against Becker family, neighbour Dr Herman Bernitz and Gerhard Wijma, Rondebosch, Middelburg: The families were targetted by 5 gunmen "surrounding our home like predatory animals": --------------- Rondebosch Middelburg: journalist: Jana Boshoff, 25 Nov 2013: YOUTUBE: http://www.youtube.com/watch?v=-42BBMfnGjA&feature=player_embedded Armed black men try to gain entry to a smallholding in Rondebosch near Middelburg. Gewapende rowers het Vrydag vir die soveelste keer in die Rondebosch omgewing in Middelburg toegeslaan. 25 November 2013 Jana Boshoff ------------------------- Elmien Becker en haar ouers, George en Wilma, het Saterdagaand onraad vermoed toe hul Voice Alert-alarm bly afgaan het. Toe mnr. Becker by die rekenaarskerm, wat aan die sekuriteitskameras gekoppel is kom, het hy 'n man by een van die vensters sien staan. Hy het hom na die televisiekamer, waar sy vuurwapen was, gehaas. Me. Becker het intussen stelling agter die rekenaarskerm ingeneem. Sy het gesien dat daar nie net een nie, maar vyf rowers was wat soos roofdiere om hul huis loop en soek na 'n plek om in te kom. "Ek het vir my pa geskree dat hy nie moet uitgaan nie want daar was vyf. Dit was beskerm-engele wat gekeer het dat my pa nie die sleutel betyds in die hande kon kry nie."Sy het gehardloop vir haar selfoon en om haar ma se vuurwapen te kry.Die Voice Alert wat die heeltyd afgegaan het, asook die beweging in die huis het die rowers gewaarsku dat die mense bewus is van hul teenwoordigheid. Hulle het volgens me. Becker rustig weggestap toe hulle agterkom hulle word dopgehou. Op die videomateriaal beduie een van die rowers, wat 'n vuurwapen in sy hand het, vir sy makkers hoe om die veiligheidshek oop te buig. "Daai goed het ons 'n plaas se prys gekos om op te sit. Toe ek op die internet gaan kyk kry ek honderde klagtes op Hello Peter. Mens kan dit met 'n skroewedraaier oop buig. Wat help dit?" - Net voor middernag was daar nog 'n inbraak by dr. Herman Bernitz, wat oorkant die Beckers bly. Volgens inligting het dr. Bernitz wakker geword van sy alarm wat afgaan. Toe hy by sy kamerdeur uitstap, het iemand 'n skoot uit die donker op hom gevuur. Hy het daarna gehoor hoe iemand weghardloop. Die projektiel is later in die gangmuur gevind. Dit was onduidelik wat alles gesteel is of hoeveel rowers betrokke was. • Saterdagoggend net voor 02:00 het mnr. Gerhard Wijma wakker geword van sy honde wat blaf. "Ek het besef iets is fout." Toe mnr. Wijma gaan ondersoek instel het hy gesien dat die gordyn opgerol is en die diefwering afgebreek is. Die boewe het op die vlug geslaan met 'n televisiestel en karsleutels. Dit blyk dat mnr. Wijma die boewe verras het. 'n iPad en rekenaar is op die tafel gelos. • Hierdie is die derde voorval van gewapende roof in die Rondebosch omgewing in minder as 'n maand. Vyf verskillende huise is nou al geteiken. http://www.looklocal.co.za/looklocal/content/en/middelburg/middelburg-news-crime?oid=7972767&sn=Detail&pid=4979893&VIDEO--Rondebosch-geteister-deur-rowers http://www.youtube.com/watch?v=-42BBMfnGjA&feature=player_embedded

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles