Willem Swanepoel, 57, dies of gunshot injuries fired by five 'merciless' black male gunmen Elandsspruit smallholdings, Middelburg Sunday August 18 2013
-- The Five black male gun started firing at Mr Swanepoel when they walked into the kitchen, without talking
21 August 2013 Jana Boshoff writes that Mr Willem Swanepoel has died. He shot by three of five black male gunmen who simply started firing the minute they walked into the Swanepoel kitchen. Mrs Swanepoel who was tied up, survived.
------------
Afrikaans report
Willem Swanepoel se dogter, Karien van der Berg van Harry Gwalastraat in Dennesig, sukkel om die woede en hartseer te onderdruk. Sy het haar pa verloor nadat hy geskiet is tydens ’n rooftog by hul huis op die Elandspruit plotte. Iemand wat sy as “sagmoedig en oopkop” beskryf.“Hoekom moes hulle die sneller trek? Net omdat hulle kan. Hy was nie ’n aggressiewe man nie.” Mnr. Swanepoel (57) is Sondagoggend in die maag geskiet toe hy in drie rowers vasgeloop het. Sy vrou, Marinda, het op die tweede vloer van hul huis wakker geword van die slag en haar man hoor skree.Sy is met die trappe af om hom te hulp te snel, maar is deur die rowers teruggedwing slaapkamer toe. Daar is sy met rekenaarkabels en haar man se skoenveters vasgebind. Een van die rowers het haar deur die gesig geslaan.Die rowers het aanhoudend vir geld en kos gevra.Hulle het mnr. Swanepoel na die badkamer gesleep en hom daar gelos. Hy het die heeltyd by hulle gesmeek: “Vat alles en gaan net.”Sy dogter sê dat die groot aantal bloed op die vloer aandui dat hy moontlik verder mishandel is. “Mens kan nie so baie bloed uit ’n wond uit bloei nie. Ons moet maar wag vir die outopsie om seker te maak.” Die projektiel is by sy maag in en onder sy linkerboud uit.Die aanvallers het die Swanepoel egpaar se hele huis leeggedra. Hulle het hul buit agterop mnr. Swanepoel se werksbakkie gelaai. Daaronder was ’n rekenaar, kluis, wapens en juwele.“Hulle het alles gevat. Selfs die Sunlight en die wasgoed seep. Hulle het die yskas leeggemaak. Die yskas het hulle gelos maar ook net omdat hy te groot was om te laai” sê Innus van der Berg, Karien se man.Nadat die rowers voorts is het mev. Swanepoel daarin geslaag om haarself los te wikkel. “Tot vandag toe weet sy nie hoe sy dit reggekry het nie want hulle het haar styf vasgemaak. Die merke sit nou nog daar. Dit was net genade van Bo.” Sy is af na haar man en het hom in ’n plas bloed aangetref. Mev. Swanepoel het na die naaste bure, wat dieselfde naweek hul intrek gekry het, gehardloop vir hulp.Karien en haar man het teen 02:30 ’n oproep gekry. Hulle het hul na die plot gehaas en oppad soontoe die ambulans gebel.“Die ER24 kar het seker vyf minute na ons daar gestop en die polisie kort daarna.”Mnr. Swanepoel is eers na die Middelburg Hospitaal geneem, maar van daar oorgeplaas eMalahleni toe omdat hy ’n dringende operasie nodig gehad het.
Na die operasie het dit gelyk asof alles beter gaan. Hy kon Sondag met sy familie praat en ’n verklaring by ’n polisieman aflê.Mev. Van der Berg was oppad om haar pa te besoek toe die hospitaal bel en sê dat hulle dringend moet kom. Mnr. Swanepoel het in ’n koma verval en is kort daarna oorlede.Sy voertuig is Maandag in Vosman (eMahalaleni) naby ’n treinspoor by ’n hostel teruggevind. Polisiemanne is nog besig om die voertuig te deursoek vir leidrade.Dinsdag moes sy haar pa se lyk gaan uitken: “In die hospitaal het my pa sleg gelyk. Hy was bleek en sy oë was ingesink. Maar Dinsdag was dit anders. Hy lyk vreedsaam en gelukkig. Hy is nou waar hy moet wees.”Mev. Swanepoel gaan nie terug na die huis waar haar man vermoor is nie. Sy moes Woensdag alleen hul 37ste huweliksherdenking vier, met die letsels op haar lyf steeds sigbaar.“Vandag is nie ’n goeie dag vir my ma nie.”Mnr. Swanepoel se begrafnis vind Saterdag om 11:00 in Klerksdorp plaas. Iemand wat met die familie in verbinding wil tree kan mev. Van der Berg bel by 083 330 0912.• Enigiemand met inligting oor die misdryf, of wat dalk iets verdags gesien het, kan die bevelvoerder van die Middelburg speurtak, kolonel Filla Mahlangu by 076 942 5455 of die ondersoekbeampte, sersant Lekgeng, by 076 536 6028 bel.
http://www.looklocal.co.za/looklocal/content/en/middelburg/middelburg-news-crime?oid=7725445&sn=Detail&pid=4979897&Man-smeek-vergeefs---Wrede-rowers-het-geen-genade
↧