Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Survived: Trout-anglers Peter Gunston 64 and Selvin, 80: Gunston shot in both legs by three blacks

$
0
0
Survived: Anglers Peter Gunston 64 and 'Selvin' 80 - injured in attack at rental cottage on farm by three black gunmen - farm Lakenvlei, Belfast, Mpumalanga. The Transvaal AGricultural Union's local spokesman Danie Du Plessis he was phoned by two Afrikaner men who rent a cottage near a trout-dam on a Belfast farm, pleading with him to get him as one of them, Peter Gunston, 64, was shot through his legs by three black males who had kicked their door down. They had tied up the second angler, an 80-year-old white man who wants to be identified only with his first name, Selvin. Mr du Plessis said after Mr Gunston was shot, the three blacks helped themselves to the guns in the cottage and ignored the injured Mr Gunston, who was bleeding heavily. "They helped themselves to food and drink while Mr Gunston was bleeding on the floor, and then left in his car so the men couldn't call for help,' said Mr Du Plessis in his report on 25 March 2015 -- "The car the gunmen fled in was founbd abandoned along Spitskop Road outside Belfast." AFRIKAANS REPORT: Peter Gunston (64) en ’n man in sy 80’s, net bekend as Selvin, is Woensdagoggend deur drie rowers aangeval. Gunston en Selvin is twee hengelaars wat op die plaas Lakenvlei buite Belfast, Mpumalanga, woon. Hulle is van kontant en vuurwapens beroof. Die drie verdagtes het later dieselfde aand vermoedelik ook ’n vragmotor vol Simba-skyfies naby Belfast gekaap. “Daar is ’n vaste patroon in die provinsie dat vuurwapens tydens plaasaanvalle geroof word en elders gebruik word om ander misdade te pleeg,” het Danie du Plessis, streekverteenwoordiger van die landbou-organisasie TLU SA, gesê. Die hengelaars huur die foreldam op die plaas by ’n melkboer. Sers. Gerald Sedibe, provin-siale polisiewoordvoerder, het gesê drie gewapende mans het die deur van die vissermanne se huisie omstreeks 11:30 oopgeskop. Hulle het Selvin met ’n vuurwapen aangehou en hom vasgebind. Gunston was nie tuis nie en hulle het hom ingewag. Toe hy kort daarna daar aankom, het die boewe hom oorval en vir geld en die kluis se sleutel gevra. Hy is erg aangerand en deur die bobeen geskiet terwyl hy op die grond gelê het. “Die koeël het deur albei sy bene gegaan,” het Bruce Murray, die melkboer by wie die vissermanne die dam huur, gesê. Daarna het die skurke hulself aan die kos en drank in die huis gehelp. “Hulle het geld en wapens uit die kluis gesteel en in ’n wit Nissan Almera gevlug,” het Sedibe gesê. Dié motor, wat aan Gunsto behoort, is later verlate langs die Spitskop-pad buite Belfast gekry. Murray het gesê hy was in Belfast om ’n motorband te laat regmaak toe Gunston hom gebel en om hulp gesmeek het. “Hy het gesê hulle is aangeval en hy is geskiet. Ek het onmiddellik die ambulans ontbied.” Gunston sterk in die Middelburg-hospitaal aan, maar gaan later vandag na die Belfast-hospitaal oorgeplaas word. “Peter en Selvin is sulke netjiese, gawe mans,” het Murray gesê. ¦ Nog niemand is in verband met die aanval in hegtenis geneem nie en enigeen met inligting kan kapt. Owen Dibakwane van die Belfast-polisie by 082 318 9536 bel.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles