Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Survive: Kobus Snyman 82 and daughter Riana Daffue fight back with pocket-knives, injured by three black attackers

$
0
0
Survive: Kobus Snyman, 82 and daughter Riana Daffue defend themselves with pocket-knives against three black attackers, Stellenbosch - and when they contact the police for help the official said 'I 'm busy and cannot help you right now... I told him I was stabbed and he still told me he 'was busy'. ---------------- Afrikaans article: The daughter was stabbed three times in a hand, her dad was badly bruised, and his girlfriend also in her eighties remained unharmed. Die dogter is drie keer in die hand gesteek en haar pa (82) het kneusplekke opgedoen. Die pa se vriendin, ook in haar tagtigs, is ongedeerd. Riana Daffue het gister gesê sy en haar pa, Kobus Snyman, en sy vriendin, is nog erg geskok oor die voorval waarin hulle deur drie gewapende rowers oorval is. “Wat my nog erger ontstel het, is toe ek die polisie oor die voorval kontak en die beampte sê hy kan my nie nou help nie, want hy is besig. Ek het hom gesê ek is gesteek en hy het steeds gesê hy is besig. “Ek het die foon doodgedruk en daarna ’n vriend geskakel wat hulp ontbied het. Daar was ook mense daar naby wat gesien en hoor het wat gebeur het, maar niemand het ons kom help nie. Waarheen gaan ons land?” Daffue het gesê haar pa, wat van Warmbad kom en by haar kuier, en sy vriendin het by die Rozendal-reservoir in Jonkershoek gaan stap om dennebolle op te tel. “Daar het ons drie swartmans van iets in die 20 gewaar. Hulle het ons omsingel en geld geëis. Elkeen van ons het met ’n boef gestoei. My pa is geruk en gepluk en op die grond neergegooi. Ek het daarin geslaag om die boef met wie ek gestoei het, los te skud om my pa te help. Alles was so deurmekaar.” Sy het gesê sy en haar pa dra altyd knipmesse by hulle. “Ons het een van hulle met ’n knipmes raakgesteek waarna hulle weggehardloop het. Ek het later besef dat ek in die hand gesteek is. Ek is bly ons kon onsself verdedig.” Kapt. Frederick van Wyk, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het by navraag gesê die vrou moet die beweerde gedrag van die polisiebeampte by die naaste polisiekantoor aanmeld. http://www.netwerk24.com/nuus/2014-11-20-knipmesse-red-pa-dogter-en-vriendin-van-3-boewe

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles