Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

SA military base, 2nd Military Hospital Wynberg near Cape Town unprotected from looting gangs

$
0
0
SA military base and Second Military Hospital Wynberg near Cape Town 'unprotected against criminal gangs' by James-Brent Styan Sept 4 2013 - Volksblad: Misdadige elemente het vrye toegang tot een van Suid-Afrika se weermagbasisse – die militêre basis Wynberg in Kaapstad. Die polisie is reeds besig om tot 264 strafsake te ondersoek wat verband hou met misdadige bedrywighede op dié militêre basis. Die basis se ingangshekke word onbeman gelaat en heinings rondom het tot so ’n mate verval dat misdadigers maklik toegang tot die basis het. Die Wynbergbasis is onder meer waar 2 Militêre Hospitaal geleë is. Die misdaad sluit onder meer in die stroping van aluminium en koper uit die basis se geboue en inbrake by die wonings van soldate en hul gesinne wat op die basis bly. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het bevestig dat die basis nie voldoende toegangsbeheer het nie. “Dit is weens ’n gebrek aan wagte. Daar is nie geld vir wagte nie.” Mapisa-Nqakula het die inligting in antwoord op ’n parlementêre vraag verstrek. Tim Flack, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie, sê dis onverstaanbaar dat die weermag nie self soldate kan ontplooi om wag te staan nie. “Wat maak soldate dan heeltyd? Hoekom staan hulle nie wagskofte nie?” Mapisa-Nqakula sê die heining wat die basis moet beskerm, is verouderd, geroes en stukkend op plekke. “Terwyl ’n mate van herstelwerk gedoen word deur stukke ou heining te gebruik om die gate toe te stop, is die departement van openbare werke verantwoordelik vir die heining,” sê Mapisa-Nqakula. Sy sê ’n span wat verantwoordelik is vir die omheining het net genoeg geld om die sowat 1,2 km heining aan die oostekant van die basis te vervang. “Daar word ook beplan vir ’n nuwe toegangstelsel wat volgende jaar ingestel sal kan word. Die totale begroting vir albei projekte is R3 miljoen.” David Maynier, DA-LP, sê dis skokkend dat ’n gemiddeld van vyf misdade per maand by ’n militêre basis gepleeg kan word. Hy het ook die minister se voorgestelde plan om dit te besweer, bevraagteken. “Dit het geen sin om R3 miljoen te bestee aan ’n nuwe toegangshek en een deel van die basis se heining nie, terwyl die res van die basis se heining vol gate is.” • Vroeër vanjaar het die SANW gesê 5 000 m se koperkabel is by die Silwermyn-vlootbasis gesteel, ook nadat diewe toegang deur ’n stukkende heining gekry het. Dis onbekend of dié heining al herstel is. http://www.volksblad.com/nuus/2013-09-04-basis-onbeskermd-teen-misdadigers

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles