Teacher Glenda Eloff of Goudveld Afrikaans High School and fiancee Wade Newcombe attacked by black thugs in their sleep
-- writes Tom de Wet Volksblad, Wednesday 4 SEpt 2013 ’n Jong Welkomse paartjie sê hul lewens het soos ’n rolprent in ’n oogwink voor hulle afgespeel toe hulle hier in hul slaapkamer deur drie gewapende mans oorval en beroof is.
“Hulle het ons letterlik wakkergemaak sodat hulle ons kan beroof. “Ek kan nie vir jou beskryf hoe dit voel nie. Al die veiligheidsmaatreëls het hulle nie buite gehou nie.” Glenda Eloff, onderwyseres aan die Hoërskool Goudveld, sê sy en haar verloofde, Wade Newcombe, het vas geslaap toe hulle gister omstreeks 01:00 deur die geraas in hul kamer en die lig wat aangesit word, wakkergemaak is. “Die mans het wapens op ons gerig, gedreig en geskreeu ons moet nie na hulle kyk nie en stilbly. Hulle het onmiddellik na skootrekenaars en selfone begin soek. “Ons is met elektriese kabels en skoenveters vasgemaak. Hulle het ons hele huis deurgesoek, omgekrap, kaste en laaie uitgegooi.” Eloff sê die mans het met hul selfone, TV, rekenaartoerusting, klere, spaarsleutels en veel meer weggekom. “Hoe hulle alles gedra het en waar hulle daarmee heen is, weet ons nie. Die gemak waarmee hulle dit alles gedoen het, is ongelooflik.” Sy sê nadat die mans weg is, het hulle ’n rukkie gewag om seker te maak dit is veilig. Sy en Newcombe het mekaar daarna gehelp om los te kom. Met geen selfoon meer nie, moes hulle in hul motor klim en polisiekantoor toe ry. Die inbrekers het Dinsdagnag die lemmetjiesdraad aan die agterkant van die meenthuiskompleks oopgeknip, veiligheidshekke oopgebreek, diefwering oopgebuig en deur ’n venster die kombuisdeur se sleutels gehaak. Die paartjie se fietse is ook die afgelope naweek uit hul motorhuis by dié meenthuiskompleks in Dagbreek gesteel http://www.volksblad.com/nuus/2013-09-04-rowers-steel-glo-met-gemak
↧