Update: The Afrikaner Swanepoel couple is expected to survive their overnight kidnapping ordeal in Pretoria East with their small grandchildren. Mrs Swanepoel bludgeoned and beaten over the head, left with concussion and left broken arm: her husband was beaten so badly that he was unable to walk as his knees were injured. The little grandchildren emerged miraculously unscathed from their ordeal. The grandparents looked after them well.
----------------------
On August 12, Mr Wykie and Mrs Marthina Swanepoel 62 and 61, were kidnapped with their small grandchildren Damion 3 and Iliane 2, from the driveway of their Pretoria East home by five black male gunmen. After the couple and their tiny grandkids were dumped on a garbage site and spent the entire cold winter's night huddled beneath cardboard boxes to keep the grandchildren warm, the badly injured Mrs Swanepoel managed to stumble to the road to call for help. As luck would have it she was picked up by an Afrikaner couple who were driving to work and the family was rscued. was rushed to hospital for surgery: she was brutally bashed over the head and suffered concussion and a left broken arm.After driving around with them for hours throught he night, the five gunmen finally dumped the elderly couple and their grandechildren in the veld near a waste-dump at the Olifants Drift exit.
The couple spent all night hovering beneath cardboard boxes and foil trying to keep the little ones warm.
=============================
Afrikaans:
n Beseerde Wykie (62) en Marthina Swanepoel (61) het die nag saam met hulle twee kleinkinders, Damion (3) en Iliane (2), op dié ashoop naby die lifantsfontein afrit, deurgebring.“My ma, pa en broer se kinders het die heel nag in die koue op die asgate deurgebring. My ma het kartonne en foelie van die asgatengebruiknom die kinders te prober beskerm teen die koue,” het die egpaar se dogter, Magda van der Walt, Dinsdag vertel.Die egpaar het Maandagaand omstreeks 22:00 voor hul huis in die Ooste van Pretoria gestop. Hulle twee kleinkinders was agter in die motor. Marthina het uitgeklim om die hek oop te maak toe sy deur die gewapende mans oorval is. Sy is glo met stokke geslaan en verskeie kere met klippe teen die kop gegooi."My ma het uitgeklim en is deur die mans oorval. Die mans het haar terug in die motor forseer en met hulle by die huis se oprit opgery. Hulle het geld en wapens geëis. Die huis se alarm het afgegaan en die mans het met hulle weggejaag," het Van der Walt gesê.Die sekuriteitsdiens, Monitor Net, het die egpaar se kinders geskakel nadat die huis se alarm afgegaan het."Monitor Net het onraad vermoed omdat hulle nie my pa in die hande kon kry nadat die huis se alarm afgegaan het nie. Hulle het my gebel en ek het dadelik van Ermelo af deurgejaag Pretoria toe. Ons was in 'n toestand, nie net oor my ouers nie, maar ook oor my twee kinders wat by hulle oupa en ouma gekuier het," het die egpaar se seun, Tinus Swanepoel gesê.Dié egpaar se kinders het vergeefs gebel na hul selfone.
"Magda het aanhoudend my pa se nommer gebel. Iewers deur die nag my pa geantwoord en benoud gesê: 'Ons is oraait, ons is oraait, no, no just wait...,' en toe is die foon doodgedruk,” het Tinus gesê.Die gewapendemans het dié egpaar met hul kleinkinders by dié verlate asgate afgelaai voordat hulle met die egpaar se motor, 'n goue Ford Everest met registrasienommer BW03SG GP, gevlug het."Toe dit lig raak het my ma geloop om hulp te kry. Sy is omstreeks 07:00 deur mense in ‘ n bakkie opgelaai. My pa se knie is beseer in die aanval en hy kon nie loop nie. Die kinders is ongedeerd.“Die mans was die kinders goedgesind, soos wat ek verstaan het my kinders deur die hele storie geslaap. Hulle het vanoggend in die veld wakker geword en my ma het hulle gerusgestel deur te sê hulle kamp bietjie in die veld," het Tinus gesê.Beide Wykie en Marthina is aangerand. Marthina se linkerarm is op twee plekke gebreek en sy het harsingskudding opgedoen. Sy is tans in die hospital waar sy wag om ‘n operasie te ondergaan.Volgens Magda is haar pa, Wykie reeds ontslaan.“Hy het sy knie seergemaak maar is darem ok. My ouers is steeds baie getraumatiseerd. Ons is tans by die hospitaal," het Magda gesê.Die polisie was teen druktyd nie beskikbaar vir kommentaar nie.
http://www.looklocal.co.za/looklocal/content/en/pretoria-east/pretoria-east-news-crime?oid=7697354&sn=Detail&pid=4980306
http://bit.ly/1cxq3Hw
===============
Followup Afrikaans news report on August 14 2013 -
’n Oupa en ouma en hul twee kleuterkleinkinders het ’n angswekkende nag op ’n koue stortingsterrein naby Tembisa deurgebring nadat hulle eergisteraand gekaap is.Lood (62) en Martina (63) Swanepoel is met klippe en stokke aangerand.Haar arm is op twee plekke gebreek en sy het harsingskudding opgedoen.Sy knie is so beseer dat hy gister beswaarlik kon loop.Om hulle laatnag gerus te stel, het Lood aan die driejarige Damean Swanepoel en sy 18 maande oue sussie, Illiané, vertel dat “ons lekker gaan uitkamp hier in die veld”.
“Ons het maar daar by die stortingsterrein beddens van kartonbokse probeer bou. My vrou het ’n foelie-ding gekry wat die kleintjies warm gehou het,” het Swanepoel gister gesê.Damean en Illiané het eergister by “Oumie” en “Oupie” op hul landbou-hoewe by Rietvlei, suid van Pretoria, gekuier.Die aand het die vier by Swanepoel se ander dogter naby Roodeplaat gaan kuier.“Ons het so 21:30 by die huis teruggekom. Die kleintjies het in hul stoeltjies op die agtersitplek van my Ford Everest geslaap.“My vrou het uitgeklim om die hek na die hoewe oop te maak. Vyf (swart) mans het uit die bosse gespring,” het Swanepoel vertel. Minstens twee het vuurwapens gehad. Drie het na Swanepoel se kant van die motor gekom, hom beveel om uit te klim en te kniel. Toe word hy en sy vrou met klippe en stokke aangerand.“Ek was bang hulle jaag weg met die kinders in die kar, so ek het bly smeek dat hulle die kleintjies uithaal.“Hulle het geantwoord: ‘We won’t hurt the babies’,” het Swanepoel gesê.Die ouma en oupa is terug in die voertuig geboender en die aanvallers het na hul huis gery, maar die alarm buite die huis het afgegaan toe hulle naby kom.Die rowers het die voertuig omgedraai, weer by die hek stilgehou en nog twee makkers opgelaai.Swanepoel en sy vrou moes agter in die bagasieruim lê.“Ek en my vrou het fluisterend vir mekaar gesê om kalm te bly. Maar ons het meestal net gebid,” het Swanepoel met ’n kraak in die stem gesê.Die rowers het nie gejaag nie.“Iewers het ons by ’n veld ingedraai. Hulle het ons laat uitklim. Dit was so ’n uur nadat hulle ons oorval het. Ons het toe nog nie besef dit is die Olifantsfontein-stortingsterrein nie.“Ons het weer gesmeek vir die kleintjies wat steeds in hul stoeltjies geslaap het, terwyl die rowers die kar deursoek het.“Ek het net gedink: ‘Die kinders, die kinders’ en ‘Asseblief, moenie my vrou verkrag nie’.“Uiteindelik het hulle die kinders vir ons gegee. My arme bebloede vrou het nog gevra of ons darem die kleintjies se warm kleertjies uit die kar kon haal, want dit was darem baie koud,” het Swanepoel vertel. Sy is toegelaat om dit te doen.Die rowers het gery. Die twee pensioentrekkers het met hul kleinkinders in hul arms in die donker agtergebly.Albei was beseer en hulle kon nie die kinders ver dra nie.“En ons het nie geweet waar ons is nie. Toe besluit ons maar om daar te bly totdat hulp opdaag,” het Swanepoel gesê.Teen 04:00 het twee mense verby gestap. Hulle wou nie hul fone vir die Swanepoels leen nie.“Hulle het gesê hulle sal die polisie bel. Maar teen 06:00 het nog niks gebeur nie,” het Swanepoel gesê.Dit was toe dat sy vrou besluit het sy sal stap tot waar sy ’n pad kry. Swanepoel kon nie loop nie.Tersia de Beer en haar man het die bebloede Martina langs die pad gesien.Hulle het haar na hul kantoor geneem waar Martina haar kinders gebel het.“Daarna het hulle my en die kleintjies kom haal,” het Swanepoel gesê.Die egpaar is hospitaal toe geneem.Martina se arm is gisteraand geopereer.Al wat klein Damean aan sy oupa oor die voorval gesê het, was: “Dit is nie lekker om in die veld te slaap nie.”
---------------
‘No! No!’ – toe gaan foon dood
Lood en Martina Swanepoel se kinders en vriende het die hospitale en polisiekantore gebel nadat die egpaar en twee van hul kleinkinders verdwyn het.Hulle was onbewus daarvan dat die motor waarin Lood, Martina, Damean (3) en Illiané (18 maande) gery het, gekaap is en die vier by ’n stortingsterrein afgelaai is.Die vier het vroeër die aand by die Swanepoels se dogter Magda van der Walt in Roodeplaat gaan kuier.Van der Walt het gister gesê nadat die alarm buite die Swanepoels se hoewe afgegaan het, het die veiligheidsmaatskappy haar broer in Chrissiesmeer gebel. Hy is Damean en Illiané se pa.“Hulle het vir my broer gesê my pa antwoord nie die foon nie. My broer het my gebel.“Ek het my pa se nommer gebel. Hy het geantwoord, maar al wat hy gesê het, is: ‘Ons is oukei’. “Toe sê ’n ander stem: ‘No! No!’ en die foon gaan dood.”Die angsbevange broers en susters het bymekaargekom.“Toe ons nie by die hospitale of die polisie regkom nie, het ons in ons karre geklim en begin soek.“Meer as tien voertuie het alle paaie van my huis na die hoewe gefynkam.“Toe het ons verdeel en alle roetes tot by Tembisa en Bronkhorstspruit gery.“Ons het tot 06:30 vanoggend gesoek,” het die moeë Magda gesê.
---------
En toe bel ’n vrou. Dit was Tersia de Beer, wat gesê het hul ma is by haar. Sy het haar langs die pad gekry.
=================
The South African Police Service says this was 'just an ordinary hijacking'.
================
AFRIKAANS INTERVIEW WITH COUPLE WHO FOUND MRS SWANEPOEL ALONGSIDE THE ROAD - IN AFRIKAANS
---------
Dit was ’n verwese, geboë figuurtjie wat in die pad gestaan en met een hand gewuif het. Die vroutjie se gebreekte arm was teen haar lyf geknel.15 Augustus 2013
Oor haar kop was iets soos ’n windjekker se kappie, vir die bloed en beserings aan haar kop.Dit was die toneel wat Christo Smit Dinsdagoggend vroeg op pad werk toe begroet het.Martina Swanepoel (63) het gaan hulp soek nadat sy en haar man, Lood (62), en hul twee kleuterkleinkinders gekaap en by ’n stortingsterrein langs die Olifantsfonteinpad, naby Tembisa, afgelaai is.“Daar was droë bloed aan haar gesig. Ek het gewonder wat die tannie in die omgewing soek. Ek het huiwerig gestop en die venster afgedraai,” het Smit gister vertel.Dit was toe dat hy die Swanepoels se riller-verhaal gehoor het.Hoewel vyf kapers dié grootouers met klippe en stokke bygedam het, was al waaroor hulle bekommerd was die veiligheid van die driejarige Damean Swanepoel en sy 18 maande oue sussie, Iliané, wat in hul karstoeltjies agter in die voertuig was.Martina het teen dagbreek Dinsdag hulp gaan soek.Haar man kon weens sy beserings nie loop nie, en hulle sou die twee kleinkinders moes dra.Dit was net ná 06:00 toe Smit haar gewaar het. Hy en sy vrou, Tertia, werk by dieselfde betonpyp-maatskappy in Irene, op die olifantsfonteinpad. Hulle het dié dag in verskillende voertuie werk toe gery. “Christo het agter my gery. Ek het ’n persoon sien loop, gebukkend, amper verwaarloos. “Ek het net verby gery toe ek besef Christo is nie meer agter my nie,” het Tertia vertel.Dit was toe Smit Martina in sy voertuig ingehelp het.“Sy het erg gelyk. En gehuil. Sy was verskriklik bekommerd oor die kleinkinders. Ek het haar dadelik na Tertia se kantoor gevat,” het hy vertel.Sy was gedisoriënteerd en wou net terug veld toe na haar man en kleinkinders.Tertia het vir Martina koffie gegee, ’n bak met warm water gekry en die bloed probeer afwas.“Sy het gesê haar kleinkinders en man lê nog in die veld. Christo het hulle gaan soek.“Ek het die tannie se een seun en dogter gebel. En toe kom Christo met die twee verskrikte kleintjies in sy arms hier ingestap,” het Tertia gesê.Christo het gesê: “Hulle is klein, man! Toe ek hulle en die oom in die veld kry, was die kindertjies toegemaak onder bokse, so amper asof Ouma en Oupa hulle probeer wegsteek het.”Hy het gevra of die man “Oom Lood” was. Toe antwoord die oom: “Ja, is die tannie okay?”.Iliané het stokstyf geskop en begin huil toe Christo haar optel. Sy wou net haar “Oupie” hê.“Maar ek het gedink: laat ek net die kinders in die voertuig kry. Die oom kon nie opstaan of loop nie. Ek wou net seker maak die kleintjies is veilig voordat ek die oom na die bakkie gehelp het,” het Christo vertel.Tertia sê die kleinkinders se oë was piering-groot toe hulle by haar aankom.“Die vrees was duidelik op die dogtertjie se gesiggie. Hul beentjies was ys-yskoud. Ek het vir hulle broodjies en koffie gegee en toe hul bene met warm water gewas vir hitte,” het sy gesê.“Dit was daardie oggend -1°C. Die veld was vol ryp. Hierdie arme mense was die hele aand daar buite. Seer en bang.“Dit moes so erg gewees het.”
==================
↧
Swanepoel couple survive overnight kidnapping ordeal in Pretoria East with two small grandchildren
↧