Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Roberto Strydom 24 lodges criminal charges against black Johannesburg metrocops for illegal arrest, assault, robbery

$
0
0
August 15 2013 - Roberto Strydom 24 lodges criminal charge against Johannesburg metro-cops for illegal arrest, assault and robbery: ------------ AFRIKAANS: Deur Phillip Bruwer op 16 Augustus 2013 Roberto Strydom (24) van Waterkloofrif in Pretoria, gaan Vrydag ʼn klag teen die Johannesburgse metropolisie indien nadat hulle hom Donderdagmiddag glo aangerand en beroof het. Strydom het Vrydag aan Maroela Media gesê hy was Donderdag omstreeks 16:00 van sy werk in Johannesburg op pad huis toe, toe hy deur Johannesburgse metropolisiebeamptes op die N1-snelweg naby die Olifantsfontein-afrit van die pad af getrek is. “Daar was drie beamptes in uniform, hulle het ook koeëlvaste baadjies aangehad,” het Strydom gesê. “Een van die beamptes het gevra om my rybewys te sien en vir my gesê hy ruik alkohol. Ek het vir hom gesê ek het niks gedrink nie, aangesien ek pas van die werk af kom.” Die beampte het glo geweier om Strydom se lisensie vir hom terug te gee en het beveel dat hy uit sy voertuig klim. “In daardie stadium het ek vir hul identifikasie gevra. Ek was bang en bevrees, aangesien ek al reeds vantevore gekaap is, en baie stories in die media hoor van ‘beamptes’ wat by kapings betrokke is. Ek was vreesbevange en wou nie uit my voertuig klim nie.” Strydom het gesê een van die ander beamptes het aggressief geraak en gesê ek moet stil bly. “Hy het my deur oop gepluk en my hardhandig uit my voertuig geruk. Hy het my teen my voertuig gedruk, en uit vrees, het ek my verset. Die man het toe my hande agter my rug met boeie vasgebind.” Volgens Strydom is hy hardhandig agter in ʼn vangwa ingeboender. “Hulle het toe met my weggery, maar ek weet nie waarheen hulle met my gery het nie, want ek kon nie by die venster uit sien nie.” Die beamptes het glo vir ʼn geruime tyd met hom agter in die vangwa rondgery. Hulle het later gestop en ʼn beampte het ʼn flitslig in sy oë geskyn en ʼn vuurwapen op hom gerig. Die beampte het glo aan hom gesê as hy vir hulle geld gee, sal hulle hom nie tronk toe vat nie. “Ek het reageer dat hy ʼn beter kans het om dood te gaan as wat ek hulle na ʼn OTM toe gaan vat,” het Strydom gesê. Dit is toe dat die beampte Strydom glo met ʼn vuis bygedam het. Strydom het op sy knieë geval en gesukkel om op te staan met sy hande agter sy rug vasgeboei. Hy is toe weer geslaan, waarna hy glo sy bewussyn verloor het. “Toe ek wakker word, was ek alleen en terug in my voertuig, ek was aan die passasierskant agter in my voertuig. My linkerhand was met ʼn plastiekkabeltjie aan die deur se handvatsel vasgebind. Dit was toe reeds 21:30.”Strydom se selfoon het gelui en met ʼn groot gesukkel kon hy daarin slaag om dit te antwoord. Sy broer het hom gebel en hy het hulp ontbied. Intussen het ʼn veiligheidsbeampte by die toneel opgedaag en die plastiekkabeltjie losgesny. Die polisie en paramedici was kort daarna op die toneel, waarna hy na die Unitas-hospitaal in Pretoria geneem is.Sowat R200 is glo uit sy beursie gesteel en sy selfoon is glo ook ná die voorval, voordat hy hospitaal toe geneem is, gesteel. Hoofsupt. Wayne Minnaar, metropolisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê hy sal die voorval ondersoek. http://www.maroelamedia.co.za

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088