Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

4 Afrikaner men arrested 7 months ago, still in jail without ANY charges: Johan Prinsloo now on hunger strike after two strokes: denied medial treatment

$
0
0
Four Afrikaner men arrested 7 months ago still in jail without charges: Johan Prinsloo on hunger strike after two strokes: "The Constitution of this country guarantees fair and equal treatment for all citizens, but I have been in jail for past seven months without any charges against me. What about my human rights?" ------------------------- Thu 1 August 2013 "To National Prosecuting Authority: Justice Commissioner and 'the media" pleading to set him free -- (Afrikaans) LETTER: -------------------------------- I/S: Amptelike kennisgewing t.o.v. eetstaking deur Johan Hendrik Prinsloo Hiermee gee ek amptelike kennis van my voornemens om op die 5de Augustus 2013 op ‘n eetstaking te gaan. Die doel van hierdie eetstaking is om die ontkenning van my basiese menseregte uit te lig op die enigste wettige manier tot my beskikking. Dit is nou alreeds sewe (7) maande nadat ek gearresteer is en daar is tot vandag toe nog geen formele klagstaat ingedien nie. In hierdie tyd het die media en ander hulle self die geleentheid gegun om leuen op leuen oor my te verkondig, sonder dat my kant van die saak ooit gehoor is, omrede die hofsaak keer op keer uitgestel word oor klein saakies. In my eenvoudigheid as mens kan ek nie verstaan hoe die SAP gedurig die saak wil uitstel om hulle ondersoek te voltooi nie. Moes hulle nie eers die saak ondersoek het en seker gemaak het van hulle feite voor hulle iemand net in die tronk kan gooi nie? My vertroue in die regstelsel wat ek eens vurig ondersteun en opgebou het word benadeel, omrede die basiese beginsel van Onskuldig tot die teendeel in ‘n hof bewys is, klaarblyklik nie meer geld nie. Ek sien uit na my dag in die hof om my saak te stel en ek weet die waarheid sal my onskuld bewys, maar tot dan moet ek soos ‘n dier in ‘n hok aangehou word. Wie kan die dae wat ek hier spandeer het teruggee, die dag as ek onskuldig bevind word? My vrees is dat hierdie saak nes die Boeremag saak uitgerek gaan word. Ek verstaan dat die regstelsel sy pad moet gaan en ek vra nie vir voorkeur ten opsigte van my saak nie, maar net die eenvoudige basiese reg om as onskuldige man saans in my eie bed te kan slaap, my medisyne te kan neem op tyd en soos voorgeskryf en ‘n dieet te kan volg om my gesondheid te herstel. Ek het alreeds 2 beroertes gehad en het ‘n familiegeskiedenis van hartkwale. Die Grondwet van hierdie land waarborg ‘n individu sekere basiese menseregte. Die reg op waardigheid, die reg tot ‘n spoedige en regverdige verhoor, die reg tot mediese behandeling, die reg om onskuldig te wees tot andersins deur ‘n hof bewys is, die reg tot lewe. In die laaste sewe maande is hierdie basiese menseregte van my ontneem en dit alles sonder dat die ondersoek eers afgehandel was. Ek is meer as bereid om by die strengste van borgvoorwaardes te hou. Ek sien uit na die dag om my saak in die hof te stel dat die waarheid kan uitkom. Maar ek kan nie langer berus met die vertrapping en verkragting van my basiese menseregte nie. Ek is deeglik bewus van die implikasies en gevolge van hierdie eetstaking. My gesondheid het in die laaste sewe maande ongelooflik agteruit gegaan as gevolg van die beperkte toegang tot mediese konsultasies. Ek bid dat God my die krag sal gee om sterk te staan in hierdie aksie en dat Hy aan my familie en geliefdes berusting sal gee in hierdie tyd. In my lewe het ek nog altyd baklei vir dit wat goed en regverdig is. Die leuens en verdraaings wat my waardigheid en menswees, my aksies en my geloof so vuil gesmeer het, is nie groter as my liefde vir my God, my mense en my volk nie. Die doel van hierdie eetstaking is nie om voorkeurbehandeling te kry nie, maar om dieselfde regte te kry as wat gewaarborg is in die Grondwet. Daagliks kry geharde misdadigers borg en is hulle terug op die strate, maar ek, teen wie daar nog geen formele klagstaat is nie, teen wie daar geen bewyse is sover my kennis strek nie, wat bereid is om by die strengste van borgvoorwaardes te hou, wie se gesondheid by die dag agteruitgaan, wat nie die laaste sewe maande toegang geniet het tot ‘n regverdige verhoor nie, ek moet in ‘n hok soos ‘n dier sit en toekyk hoe my regte vertrap word. Teen die tempo waarteen my gesondheid agteruitgaan is daar nie ‘n manier dat ek regeverdig verhoor sal kan word nie, want fisies en emosioneel is ek afgemat. Die gevolg is dat ek nie by volle gaan wees ten tyde van die verhoor nie as gevolg van my mediese toestand. Hoe sal so verhoor regverdig wees? Dit is hartseer dat ‘n land wat soveel tyd spandeer om menseregte te bevorder so gerieflik kan wegkyk terwyl ‘n burger van hierdie land se regte vertrap word. My hoop is dat hierdie redelike versoek tot borg toegestaan sal word en dat ek ‘n kans gegun sal word tot ‘n regverdige verhoor. J.H.Prinsloo ---------------------- Four Afrikaner men arrested 7 months ago still in jail without charges: Johan Prinsloo arrested seven months ago, kept in jail without any charges: embarks on hunger strike after two strokes Thu 1 August 2013 "To National Prosecuting Authority: Justice Commissioner and 'the media" pleading to set him free -- (Afrikaans) LETTER: -------------------------------- I/S: Amptelike kennisgewing t.o.v. eetstaking deur Johan Hendrik Prinsloo Hiermee gee ek amptelike kennis van my voornemens om op die 5de Augustus 2013 op ‘n eetstaking te gaan. Die doel van hierdie eetstaking is om die ontkenning van my basiese menseregte uit te lig op die enigste wettige manier tot my beskikking. Dit is nou alreeds sewe (7) maande nadat ek gearresteer is en daar is tot vandag toe nog geen formele klagstaat ingedien nie. In hierdie tyd het die media en ander hulle self die geleentheid gegun om leuen op leuen oor my te verkondig, sonder dat my kant van die saak ooit gehoor is, omrede die hofsaak keer op keer uitgestel word oor klein saakies. In my eenvoudigheid as mens kan ek nie verstaan hoe die SAP gedurig die saak wil uitstel om hulle ondersoek te voltooi nie. Moes hulle nie eers die saak ondersoek het en seker gemaak het van hulle feite voor hulle iemand net in die tronk kan gooi nie? My vertroue in die regstelsel wat ek eens vurig ondersteun en opgebou het word benadeel, omrede die basiese beginsel van Onskuldig tot die teendeel in ‘n hof bewys is, klaarblyklik nie meer geld nie. Ek sien uit na my dag in die hof om my saak te stel en ek weet die waarheid sal my onskuld bewys, maar tot dan moet ek soos ‘n dier in ‘n hok aangehou word. Wie kan die dae wat ek hier spandeer het teruggee, die dag as ek onskuldig bevind word? My vrees is dat hierdie saak nes die Boeremag saak uitgerek gaan word. Ek verstaan dat die regstelsel sy pad moet gaan en ek vra nie vir voorkeur ten opsigte van my saak nie, maar net die eenvoudige basiese reg om as onskuldige man saans in my eie bed te kan slaap, my medisyne te kan neem op tyd en soos voorgeskryf en ‘n dieet te kan volg om my gesondheid te herstel. Ek het alreeds 2 beroertes gehad en het ‘n familiegeskiedenis van hartkwale. Die Grondwet van hierdie land waarborg ‘n individu sekere basiese menseregte. Die reg op waardigheid, die reg tot ‘n spoedige en regverdige verhoor, die reg tot mediese behandeling, die reg om onskuldig te wees tot andersins deur ‘n hof bewys is, die reg tot lewe. In die laaste sewe maande is hierdie basiese menseregte van my ontneem en dit alles sonder dat die ondersoek eers afgehandel was. Ek is meer as bereid om by die strengste van borgvoorwaardes te hou. Ek sien uit na die dag om my saak in die hof te stel dat die waarheid kan uitkom. Maar ek kan nie langer berus met die vertrapping en verkragting van my basiese menseregte nie. Ek is deeglik bewus van die implikasies en gevolge van hierdie eetstaking. My gesondheid het in die laaste sewe maande ongelooflik agteruit gegaan as gevolg van die beperkte toegang tot mediese konsultasies. Ek bid dat God my die krag sal gee om sterk te staan in hierdie aksie en dat Hy aan my familie en geliefdes berusting sal gee in hierdie tyd. In my lewe het ek nog altyd baklei vir dit wat goed en regverdig is. Die leuens en verdraaings wat my waardigheid en menswees, my aksies en my geloof so vuil gesmeer het, is nie groter as my liefde vir my God, my mense en my volk nie. Die doel van hierdie eetstaking is nie om voorkeurbehandeling te kry nie, maar om dieselfde regte te kry as wat gewaarborg is in die Grondwet. Daagliks kry geharde misdadigers borg en is hulle terug op die strate, maar ek, teen wie daar nog geen formele klagstaat is nie, teen wie daar geen bewyse is sover my kennis strek nie, wat bereid is om by die strengste van borgvoorwaardes te hou, wie se gesondheid by die dag agteruitgaan, wat nie die laaste sewe maande toegang geniet het tot ‘n regverdige verhoor nie, ek moet in ‘n hok soos ‘n dier sit en toekyk hoe my regte vertrap word. Teen die tempo waarteen my gesondheid agteruitgaan is daar nie ‘n manier dat ek regeverdig verhoor sal kan word nie, want fisies en emosioneel is ek afgemat. Die gevolg is dat ek nie by volle gaan wees ten tyde van die verhoor nie as gevolg van my mediese toestand. Hoe sal so verhoor regverdig wees? Dit is hartseer dat ‘n land wat soveel tyd spandeer om menseregte te bevorder so gerieflik kan wegkyk terwyl ‘n burger van hierdie land se regte vertrap word. My hoop is dat hierdie redelike versoek tot borg toegestaan sal word en dat ek ‘n kans gegun sal word tot ‘n regverdige verhoor. J.H.Prinsloo ---------------------- http://www.ofm.co.za/article/134630/Verregse-se-brief-Johan-Prinsloo#.UfubSMutepU.facebook

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles