Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Dr Ashley H Kirk-Spriggs head of entomology, national museum Bloemfontein, survives stabbing attack by two black males

$
0
0
Dr Ashley H Kirk-Spriggs, head of entomology, National Museum Bloemfontein, survives stabbing 23h30 July 18 2013 DIE polisie in Bloemfontein is op soek na twee vermeende rowers wat die hoof van entomologie by die Nasionale Museum laatnag voor sy huis aangeval en beroof het. Dr. Ashley H. Kirk-Spriggs, hoof van entomologie aan die Nasionale Museum in Bloemfontein, is eergisteraand op die trap voor sy huis in Universitas deur twee mans beroof. Volgens kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het die mans Kirk-Spriggs omstreeks 23:30 oorval toe hy tuisgekom het. Albei die mans was met messe gewapen. Die rowers het hom een keer in die arm gesteek en sy beursie, selfoon en sak geroof. Volksblad verneem die polisie het eergisteraand op sy bankkaarte by ’n woonstel in Parkweg afgekom toe hulle op inligting gereageer het. Die beamptes het ’n bloedspoor by die woonstel-kompleks gevolg tot voor ’n woonstel waar hulle op die kaarte afgekom het. Die aanvallers was egter nie daar nie. Dit is nie seker of hulle in die kompleks woon nie. Kirk-Spriggs is eers gister hospitaal toe waar hy behandeling ontvang het en later ontslaan is. Hy wou nie met die koerant praat nie. Marope het gesê ’n klag van roof word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie. http://www.volksblad.com/nuus/2013-07-19-museum-man-aangeval-beroof

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles