Rudolph Potgieter bloei nog in ingewande - 'n week ná skoot deur swartman op kleinhoewe, Haakdoringboom, Pretoria: arm Afrikaner gesin aangeval:
----------------------------
16 Julie 2013 - (FB Boere Krisis Aksie - B.K.A.) - Rudolph Potgieter van Haakdoringboom, noord van Pretoria, bloei nog inwendig, maar sterk in die hospitaal aan nadat hy 'n week gelede geskiet is deur 'n groep gewapende swartmans. P otgieter (45) en sy seun Colin (25) is verlede week Dinsdag by hul huis geskiet. Colin is in die linkerbors getref en die koeël sit steeds in ’n rugwerwel vas, het sy ma, Alta, gister gesê.
Potgieter is regs in die bors getref en ook deur die linkeroor geskiet. Sy oortrom het gebars, het Alta gesê. “Dit gaan al beter met hulle.”
Alta het eergisteraand vir die eerste keer in die huis geslaap waar hulle aangeval is. “Ek was maar vrek bang. Ons is nog getraumatiseerd, veral my seun Rual.” Alta het gesê hulle is besig om glas in hul vensterrame te sit om die plek veiliger te maak. Van die vensterrame in die huis was sonder glas. Twee mans het Rudolph en Rual Dinsdag 19:00 op pad na ’n vriend se huis toe op hul hoewe aangeval.
Daarna is die twee na ’n bosagtige gebied oorkant die erf geneem waar die booswigte hul hande en voete vasgebind het.
Toe hulle Rudolph om vuurwapens vra, het hy gesê hy het nie. Die verdagtes het daarop gesê hy het meer as ’n jaar gelede ’n waarskuwingskoot geskiet toe hulle daar wou toeslaan.
Die mans het Rudolph en Rual terug na hul huis geneem waar Alta, Colin en Colin se vrou, Jennifer, en baba was.
Toe Rudolph en die mans by die ingang van die huis kom, het hy sy hande losgekry en die mans buitentoe gestoot.
Die mans het toe op hom en Colin, wat in die huis was, geskiet. Niemand is nog vasgetrek nie.
↧