Unidentified Ex-Traffic Department Chief in Limpopo province suspected of murder and attempted murder after gruesome assault in Sekororo near Tzaneen
18 Desember 2014 Sapa Die voormalige hoof van die vervoerdepartement in Limpopo het homself Woensdag aan die polisie oorgegee op aanklag van moord en poging tot moord.
“Hy het homself oorgegee na bewerings dat hy betrokke was by ʼn moord en poging tot moord,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê.
Volgens Mulaudzi het die man en twee medepligtiges glo Maandag drie mans in Sekororo naby Tzaneen ontvoer. Hulle het die mans van ʼn sakeroof beskuldig.
Die mans is erg aangerand voor hulle by ʼn drankwinkel afgelaai is waar ʼn veiligheidswag op hulle afgekom het.
Mulaudzi het gesê een van die mans het aan sy beserings beswyk terwyl die ander twee na die Sekororo-hospitaal geneem is vir behandeling.
Die twee ander verdagtes is ook reeds in aanhouding en sal Donderdag saam met die oud-vervoerhoof in die Naphuno-landdroshof verskyn.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/oud-vervoerhoof-van-limpopo-gee-hom-oor/
↧
Government official criminality: Limpopo ex-traffic chief suspected of murder and attempted murder
↧