Anthea du Preez, 64, wife of owner of Breedekloof wine estate, West Cape: murdered: leaves behind 3 children, nine grandchildren
2 Desember 2014 Phillip Bruwer of Maroela Media reported that a 41-year-old man was arrested. Very few details of the murder have been revealed.
41-year-old man arrested:
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/verdagte-vas-vir-wynlandgoed-moord/
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/wynlandgoed-moord-ondersoek-in-bekwame-hande/
Community shocked:
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/plaasmoord-skok-rawsonville-gemeenskap/
Die aanval waartydens Anthea du Preez (64) vermoor is, is die eerste van sy soort in die Breedekloof-gemeenskap in die Wes-Kaap en die beste mannekrag ondersoek die voorval, het haar skoonseun Peter Basson gesê.
Anthea was die vrou van Hennie du Preez, eienaar van die Du Preez-wynlandgoed in Rawsonville in die Wes-Kaap.
brutally murdered on De Denne farm.
Sy is Maandagoggend dood aangetref in haar huis op hul plaas, De Denne.
“Wat met my skoonma gebeur het, is ongehoord in die omgewing,” het Basson Dinsdag aan Maroela Media gesê. Basson en sy vrou Janette woon op die plaas langs haar ouers.
“Haar moord word as ʼn hoëprofielsaak hanteer. Haar dood kom as ʼn groot skok vir ons en die gemeenskap, en ons sukkel nog om dit te verwerk.”
Basson het gesê die ondersoek is in ʼn sensitiewe stadium en te veel inligting oor die voorval kan die ondersoek belemmer.
“Die polisie is besig met hul ondersoek en die saak is in bekwame hande.”
Basson het sy skoonma as ʼn wonderlike mens beskryf. “Sy het groen vingers gehad en in haar privaat hoedanigheid verskeie mense in die omgewing se tuine opgeknap. Sy was ʼn toonbeeld van ʼn goeie mens en ʼn wonderlike ouma. Sy het talle mense se hartsnare geraak.”
Kaptein FC van Wyk, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het Maandag aan Maroela Media bevestig die polisie ondersoek ʼn saak van moord.
Dit is nog nie bekend gemaak hoe sy vermoor, of enigiets gesteel, of hoeveel verdagtes by die aanval betrokke was nie.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Du Preez laat haar man, drie kinders Jean, Hennie en Janette, en nege kleinkinders agter. Haar begrafnisreëlings is nog nie getref nie.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/wynlandgoed-moord-ondersoek-in-bekwame-hande/
↧