Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Survives attack: Young Afrikaner Corné Verwey 18: promising career at risk after brutal attack by 3 males

$
0
0
Young Afrikaner 's promising future after winning bursary to study at Food and Beverage Institute in the balance after brutal attack by three black males at temporary job in Brandfort, Free State. http://www.netwerk24.com/nuus/2014-11-26-seun-se-toekoms-onseker-n-aanval?vc=e3734cc01c5a91ef2b066cac0e3b2c17 Concussed Afrikaner youth Corné Verwey 18, stabbed by three blacks #Brandfort, couldn't write his final-year English exam Won Food and Beverage Institute's Young cook of the year contest earlier. Deur André Damons Woensdag 26 November 2014 1:00 vm. Só het Corné Verwey (18) gelyk nadat hy Saterdagaand deur drie mans in die Koffie’s Sportkroeg in Brandfort aangerand is. Foto’s: Verskaf Corné Verwey ’n Matriekleerling van Brandfort se toekoms is in die weegskaal nadat drie mans hom erg in ’n kroeg in die dorp aangerand het. Hy sal nou nie sy eindeksamen kan voltooi nie. Corné Verwey (18), ’n matriekleerling aan die Hoërskool Staatspresident Swart, werk tydelik by die Koffie’s Sportkroeg vir geld om te oorleef. Hy is na bewering Saterdagaand net voor toemaaktyd deur drie mans in die kroeg aangerand en met bottels gesteek. Hy kon nie gister sy Engels-vraestel skryf nie en gaan Vrydag se verbruikerstudie-vraestel ook misloop. Corné, wat by vriende woon, word in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein behandel. Hy word moontlik vandag ontslaan. Pieter Swanepoel, skoolhoof, sê die drie mans het Corné aangerand toe hy vir hulle sê hulle moet betaal vir ’n glas wat hulle gebreek het. Die mans het hom geslaan, geskop en met bottels gesteek. ’n Erg aangerande Corné is later die aand deur mense gekry waar hy bebloed op die grond gelê het. Marietjie Bezuidenhoudt, ’n onderwyser wat help om na Corné om te sien, sê hy het harsingskudding opgedoen en moes verskeie steke aan sy kop kry. Volgens haar is Corné ’n belowende kok wat vroeër vanjaar die Food & Beverage Institute's young cook of the year contest se jong kok van die jaar kompetisie gewen het. Hy sou volgende jaar by FBI gaan studeer het. “Nadat hy die kompetisie gewen het, was hy so gemotiveerd om ’n sukses van sy lewe te maak. Hy het baie talent. Hy is so ’n klein seuntjie wat ondanks sy omstandighede uitblink. “Ek is geskok en baie kwaad oor wat daardie mans, wat nie hulself kan dissiplineer nie, gedoen het. Hulle het nou moontlik ’n jaar van sy lewe gemors,” sê Bezuidenhoudt. Swanepoel sê die skool is geskok oor die voorval. “Ons is eintlik opstandig dat groot mans ’n skoolkind, wat werk vir geld om te oorleef, so kan aanrand. Dit is barbaars,” sê Swanepoel. Hy is baie verlig Corné se beserings is nie lewensbedreigend nie en dat hy binnekort ontslaan sal word. Bezuidenhoudt sê Corné se mooi maniere en talent het haar beïndruk. “Hy is ’n hardwerkende kind en is baie rustig. Hy het altyd die ander kinders gehelp voordat ek nog met hulle kon raas. “Hy is iemand wat altyd ander se probleme eerder as sy eie raaksien. Dit is ’n slegte ding wat met hom gebeur het.” Die wond aan Corné Verwey (18) se kop waar hy met ’n bottelkop gesteek is toe drie mans hom in ’n kroeg in Brandfort aangerand het. http://www.netwerk24.com/nuus/2014-11-26-seun-se-toekoms-onseker-n-aanval?vc=e3734cc01c5a91ef2b066cac0e3b2c17

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles