Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Murdered: Mother and daughter: Carol Pretorius 54, daughter Erica 26 shot dead, son 14 survives

$
0
0
Carol Pretorius 54, daughter Erika 26 and teenage son 14 attacked in driveway of Primrose Germiston home. November 5 2014 The mother and daughter were shot dead - the 14-year-old youth survived. http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/rowers-skiet-ma-suster-voor-seun/ ------------- ʼn 14-jarige seun van Primrose, Germiston is wees gelaat nadat rowers tydens ʼn vermeende gewapende rooftog sy ma en ouer suster voor hom geskiet het. -Carol Pretorius (54), dogter Erika (26), en die tienerseun het Dinsdagaand omstreeks 20:15 in die oprit by Erika se huis stilgehou. Die seun het uit die motor geklim om die hek oop te maak toe hy ʼn verdagte voertuig met vier insittendes verby sien ry het. “Hy het gesien hoe die verdagte motor omdraai en terugry na hulle toe, en het dadelik onraad vermoed,” het Faan Pretorius, Carol se broer, Donderdag aan Maroela Media gesê. “Hy het dadelik vir sy ma geskree om hulleself in die motor toe te sluit.” Twee gewapende mans het uit die voertuig gespring en Carol en Erika in hul koppe geskiet terwyl hulle nog in die motor gesit het. Hulle het glo slegs ʼn selfoon gegryp.Erika se bejaarde buurman het die skote gehoor en gaan ondersoek instel. Die aanvallers het hom in die bors geskiet en in hul eie voertuig gevlug. Carol is ná die aanval met ʼn helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem. Sy het daar aan haar beserings beswyk. Erika en die buurman is met ambulanse na die hospitaal geneem.“Erika se toestand is steeds kritiek. Sy lê nog in die ongevalle-eenheid van die hospitaal en het bloeding op die brein. Hulle het haar nog nie na die intensiewesorgeenheid oorgeplaas nie, want daar is glo nie ʼn bed beskikbaar nie,” het Faan bygevoeg. “Sy het ʼn driejarige seuntjie wat tans deur die familie versorg word. Ek en my broer is nou hier en gaan probeer om haar so gou as moontlik na ʼn privaat hospitaal oor te plaas sodat sy beter behandeling kan ontvang.”Volgens die polisie is die buurman se toestand stabiel.Faan het gesê die seun is erg getraumatiseer en baie stil. “Sy pa is ʼn jaar gelede aan ʼn siekte dood, en nou sy ma ook. Ons het gereël dat hy berading ontvang,” het hy bygevoeg. Carol was ʼn geliefde kleuterskoolonderwyseres in die voorstad. Haar begrafnisreëlings is nog nie bekend nie. Ao. André de Jager, polisiewoordvoerder, het die skietery aan Maroela Media bevestig. “Ons vermoed in die stadium dat dit ʼn gewapende rooftog was. Die ondersoek is egter nog in sy vroeë stadium en inligting is steeds skaars.” Hy het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088