Farmer Willem Kampman, 70, viciously slashed with a panga by black male who stole nothing: fled after farm-wife Isabel 65 fires shots into wall...
’n Boer van Mooketsi naby Tzaneen moes 15 steke aan die kop kry nadat hy Saterdag in die vroeë oggendure in sy plaashuis aangeval is.
Willem Kampman (70) is herhaaldelik met ’n skerp voorwerp, vermoedelik ’n panga, op die kop geslaan. Sy linkerskouer is in ’n struweling met die aanvaller ontwrig.
Kampman en sy vrou, Isabel (65), het geslaap toe hulle net ná middernag wakker word van ’n geskuifel in die huis. Daar is by ’n venster in die studeerkamer ingebreek.
Kampman het sy gelaaide rewolwer in sy bedkassie probeer kry, maar het die laai per ongeluk uit die bedkassie laat val.
Hy het daarna die kamerdeur oopgemaak en hom in die inbreker vasgeloop.
“Sit down, sit down, I am going to shoot you,” het die man aan Kampman gesê.
“Ek het gesê, nee dit werk nie so maklik nie,” het Kampman vertel.
Hy en die inbreker was in ’n struweling en hy is op die kop geslaan.
“Ek het vir my vrou geskree: ‘Skiet hom skiet hom,’ toe ek op die grond val.”
Isabel se skote het in ’n muur vasgeslaan. Die inbreker het gevlug.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê dit lyk nie asof die aanvaller gewond is nie.
“Ons het ná die tyd gesien hy het in die kombuis van ons brood en piesangs geëet,” het Kampman gesê.
Hy is na ’n hospitaal in Tzaneen gehaas waar hy behandeling vir sy wonde ontvang het.
“Ek was 06:00 die oggend weer terug op die plaas. Die skok het eers ná die tyd gekom.”
Volgens Ngoepe is niks uit die huis gesteel nie. ’n Polisietaakspan is saamgestel en is op soek na die inbrekers.
■ Enigiemand met inligting kan brig. Christine Bench by 082 469 1446 bel
report by http://www.saps.gov.za
↧