Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Survived: After headmaster Hennie Fick of Hartland college Pretoria survives stabbing: hijacker dragged 450metres

$
0
0
Afrikaner Hennie Fick, head of Hartland college, Pretoria CBD: Stabbed by attempted hijacker who tried to grab his keys, the thug ws then dragged 450 metres next to his car when the guy stuck his hand through his car -window and he rolled it up." “Jy gaan nié my goed vat nie,” het die hoof van ’n opleidingskollege vir ’n vermeende rower by ’n verkeerslig gesê oomblikke voor die verkeerslig groen geword en hy dié vermeende boef amper 450 m langs sy motor gesleep het. https://www.facebook.com/boerekrisisaksie/photos/pcb.964322923594253/964322690260943/?type=1&theater “Hy het die heelpad soos ’n maer vark geskree. Dit was net genade van bo dat die verkeerslig groen geword het en ek sy arm vasgegryp en gery het. Hy het letterlik op sy skoensole langs die kar geski,” vertel Hennie Fick, hoof van Hartland Kollege in die Pretoriase middestad. Fick het verlede Donderdag omstreeks 16:55 in sy motor geklim en die pad huis toe via Nelson Mandela-rylaan aangedurf toe dié drama hom voor die verkeerslig by die kruising met Proesstraat afgespeel het. “Dit was soos enige gewone Donderdagmiddag. ’n Mens wil vars lug hê en ek het met my venster oop gery. Daar was ’n paar motors en ’n vragmotor voor my by die verkeerslig. Net toe ek stilhou, kom twee mans van agter af en buk by die oop venster.” ’n Derde man het ’n ent verder op sy makkers gewag. Een van die mans het sy hand by die motor ingedruk en die sleutel probeer gryp. Hulle het begin vloek en vir Fick geskree hy moet uit die motor klim. “Ek het sy hand probeer wegslaan. Hy het ’n mes met die ander hand uitgehaal, my net bokant die elmboog in die linkerarm gesteek en toe weer probeer om my sleutels te gryp. Ek het sy hand vasgegryp, die lig het groen geword en ek het weggetrek. Sy makker is in die proses weggestamp. Ek het oor Proesstraat gery en laat los. Hy het agteroor geval.” Fick het mediese hulp gaan soek. Die Tshwane-metropolisiediens het hom skaars ’n halfuur ná die voorval gebel en in kennis gestel dat drie mans reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem is. “Hulle het alles op kamera vasgevang en my selfoonnommer deur my nommerplaat nagespeur. Ek is werklik beïndruk! Die polisie het my ’n oomblik gegee om met die rowers te praat. Een het homself natgemaak en ’n ander het op sy knieë neergeval en my om vergifnis gesmeek.” Die metropolisie het dié voorval bevestig.https://www.facebook.com/boerekrisisaksie/photos/pcb.964322923594253/964322690260943/?type=1&theater

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles