Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Survive: Afrikaner couple Jacobus and Nicolene vd Merwe 53, stabbed by two black males, Nieuw Muckleneuk Trimpark

$
0
0
Survive: Sunday August 25 2014 - Afrikaner couple Jacobus and Nicolene van der Merwe, 53, stabbed in Nieuw Muckleneuk Trimpark by two black males "The two men suddenly plucked out knives, ordered to put my cellphone on the ground: and one moved towards my wife...' Reported by Amelia de Ridder 25 August 2014 ‘n Rustige Sondagmiddag het in ‘n nagmerrie ontaard toe ‘n egpaar die afgelope naweek in die Nieuw Mucleneuk Trimpark met messe aangeval en beroof is. Jacobus en Nicolen van der Merwe, albei 53 jaar oud, het omstreeks 12:15 op ‘n bankie in dié park in Roperstraat gesit toe twee mans, vermoedelik in hul twintigs, vir ‘n vuurhoutjie vra. “Hulle het skielik messe uitgepluk en my beveel om my selfoon op die grond neer te sit. Een van hulle het toe na my vrou se kant beweeg en sy het gegil,” het Jacobus gesê. “Ek het opgespring en een het na my gesteek. Ek het hom geslaan en hy het agteruit beweeg en my in die bo-arm en gesig gesteek. Ek het hom weer geslaan en hy het geval terwyl die ander man my van agter aangeval het. “Ek het ook geval, maar aangehou slaan en skop terwyl my vrou om hulp geskreeu het,” vertel Jacobus. Die booswigte het doodluiters weggeloop. Hoewel Nicolene se angsgille aandag getrek het, het niemand aangedui dat hulle wou help of die polisie sou bel nie — nie eens nadat die aanvallers weg was nie. “My vrou was erg getraumatiseer. Ons het op pad na ons voertuig by mense verbygeloop, maar hulle het ons ongelowig aangekyk toe ons hulle waarsku dat ons pas met messe aangeval was,” het Jacobus gesê. “Ons was so geskok dat ons nie by die naaste restaurant om hulp gevra het nie. Ons kon ook nie die polisiekantoor kry nie en het eers ná ons by die Eugene Marais- hospitaal in die Moot was besef ons was eintlik naby die Little Company of Mary-hospitaal in Groenkloof gewees.” ‘n Traumadokter het vir Nicolene ‘n kalmeermiddel gegee en Jacobus se wonde behandel. Die egpaar het die aanval by die Wonderboompoort-polisie aangemeld. Nicolene sê sy het voor die aanval een van die mans vol in die oë gekyk en instinktief haar hand op sy kop gesit en ‘Jesus’ uitgeroep. Hy het weggekyk, omgedraai en weggeloop maar later sy mederower gehelp. “Ons is dankbaar teenoor ons Skepper dat ons lewens gespaar is en ons bid dat Hy die mans sal ontmoet en hulle sal oortuig van sonde, Sy genade en verlossing,” het Jacobus gesê. https://www.facebook.com/boerekrisisaksie/photos/a.178568022169751.48293.116298045063416/946996468660232/?type=1&theater

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles