Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Survived: Afrikaner farmers Cias Fourie and Ben Van Rensburg lastest victims injured in Stoffberg attack-wave

$
0
0
Survived: Afrikaner farmers Cias Fourie and Ben Van Rensburg latest victims injured in Stoffberg crime-wave: August 20 2014 Volksblad - ‘n Misdaadvlaag in die Stoffberg distrik het inwoners ‘kriewelrig’ oor waar daar volgende toegeslaan gaan word.18 August 2014 Kort nadat ‘n boer in sy huis met ‘n wapen aangehou en beroof is, moes boere in die omgewing weer opruk toe daar by ‘n ander inwoner, nie ver van die vorige plaas af nie, ‘n aanval was. Cias Fourie het twee mans net na 05:30 op sy werf betrap toe hy oppad werk toe was.Een van die mans het van die dak af op hom gespring.Die mans het hom met ‘n doringdraad in die gesig geslaan en na ‘n struweling gevlug. Daar bestaan ‘n vermoede dat hulle sy Bantam bakkie wou steel. Mnr. Fourie is nie ernstig beseer nie. Hy bly teenaan die Hartelus T-aansluiting.Boere vanuit die omgewing was blitsvinnig op die toneel maar kon nie die verdagtes vastrek nie. In die afgelope paar maande is daar al minstens sewe vuurwapens by drie boere tydens twee inbrake en ‘n rooftog gesteel. “Die mense is kriewelrig. Ons kuier nie meer laat nie en die vrouens is op hol as ‘n hond blaf,” het een boer op voorwaarde van anonimiteit gesê. • Die Laersdrift Polisie het kort na die rooftog waarin mnr. Ben van Rensburg op 31 Julie aangehou is, ‘n verdagte geïdentifiseer. Hulle kon egter nog nie daarin slaag om die persoon op te spoor nie. http://www.volksblad.com

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles