Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Survived: young Afrikaans couple kidnapped by four black males, Brandwag, Bloemfontein

$
0
0
Survived; Young Afrikaans couple kidnapped by four black males, driven around for hours: ANDRÉ DAMONS Dinsdag 19 Augustus 2014 Volksblad ’n JONG man en sy vriendin is steeds geskok ná ’n nagmerrie-ervaring toe hulle Vrydagaand in Brandwag, Bloemfontein, deur vier mans gekaap en ontvoer is.Die kapers het sowat twee uur lank met die paartjie in die bagasiebak van die motor rondgery voordat hulle in ’n oop stuk veld in Heidedal afgelaai is.Die 27-jarige man het omstreeks 21:30 saam met sy vriendin in sy motor voor haar huis gesit toe hulle deur vier gewapende mans genader is, sê konst. Wendy Nkabi, polisiewoordvoerder. Volgens haar het die kapers eers verby die paartjie gery, maar het later agter hulle stilgehou.Die booswigte het die paartjie uit die motor gedwing en vuurwapens op hulle gerig.Die kapers het die jong mense in die bagasiebak van die motor gelaai en met hulle rondgery voordat hulle die paartjie omstreeks 23:35 in Heidedal afgelaai het. Die mans het die paartjie se selfone gbuit voordat hulle met hul motor weggery het.Nkabi sê die booswigte het met ’n wit VW Passat gery.Die paartjie is nie beseer nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en aanklagte van kaping en menseroof word ondersoek. ’n Taakspan is aangestel om die voorval te ondersoek. Die polisie vra enigeen met inligting oor die kapers om lt. T.J. Maruping by 082-526-2683 te bel. http://www.volksblad.com

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles