Waterval Boven farmer Garth Johnstone 67, shot dead in his house: nothing robbed: Beeld writes this could have been a 'revenge attack' after the farmer had complained of illegal squatters on adjacent farm to new owner: http://www.beeld.com Sept 2 2013
----------
31 August 2013 WATERVAL BOVEN - 'n 67-jarige boer van die omgewing is gisteraand in sy huis doodgeskiet. Dit is nie bekend hoeveel mense by die aanval betrokke was nie, maar hulle is daar weg sonder om iets te vat.
Kol. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het gese dat mnr. Garth Johnstone (67) van die plaas Ensimini naby die deur van sy sitkamer geskiet is.
"Sy 70-jarige vrou was elders in die huis en het net skote hoor klap," het Hlathi gese.Sy het op haar gewonde man afgekom.Hlathi kon nie se waar hy getref was nie.
Hulp is ontbied maar Johnstone is op die toneel dood verklaar.Enige iemand met inligting word versoek om konst. Aubrey Khoza te skakel op 076-171-1643.
---------
http://www.looklocal.co.za/looklocal/content/en/lowveld/lowveld-mobile-news?oid=7751286&sn=Mobile-Detail&pid=4732825&Boer-in-huis-vermoor
----
BEELD claims he may have been murdered in 'revenge attack' after farm sale dispute:
--
Boer sterf in sy vrou se arms
deel 6
twiet 1
E-pos
kommentaar
Riata Nel
Maandag 02 September 2013
’n 67-jarige boer van Waterval-Boven is Vrydagaand in die arms van sy vrou dood kort nadat hy in sy plaashuis geskiet is.
Garth Johnson het omstreeks 18:00 by die huis op sy plaas, Ntsinini, ingestap toe hy by die kombuisdeur geskiet is.
Na verneem word, is twee 9 mm- pistooldoppies buite die huis gekry.
Sy vrou was elders in die huis en het na die kombuis gehardloop, waar sy haar man in ’n plas bloed gekry het. Sy het by hom gehurk en hom vasgehou, waar hy dood is.
Kol. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het gistermiddag gesê die moordenaars het niks gesteel nie.
Die polisie ondersoek die moontlikheid dat dit ’n wraakaanval was.
Volgens ’n boer van die omgewing was Johnson verlede week in ’n vergadering met die nuwe eienaars van ’n plaas wat hy in ’n grondeis verloor het. ’n Warm gesprek het gevolg, waarna Johnson gedreig is.
Johnson het glo gekla oor die mense wat op die stuk grond plak.
Enigiemand met inligting word versoek om konst. Aubrey Khoza te bel by 076 171 1643.
http://www.beeld.com
↧