Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Afrikaner farm wife Hester Kruger survived: hiding in deep pool of Olifants River, she escaped from black gunman

$
0
0
Afrikaner woman Hester Jacoba Kruger survived violent black attacker in January 2009 by hiding beneath the dark waters of the lesser Olifants River, Middelburg, she testifies in case against three black male farm attackers: Tonic Madonsela, Elmon Mohlala and one other man: --------- 8 August 2013 Mnr. Theunis Johannes Kruger het vertel hoe hy en sy vrou, Hester Jacoba Kruger, oorval is terwyl hulle op 'n Sondagaand in Januarie 2009 sit en televisie kyk het op hul plaas naby Loskopdam. --------------- The Kruger couple survived: they were lucky: up to and including February 21 2011, a total of 3,788 farmers and smallholders were murdered: http://censorbugbear-reports.blogspot.nl/2011/02/farms-smallholdings-murder-victim-names_24.html?q=Theunis+hester+kruger+middelburg+farm+attack --------------- Hulle huis is van verskeie items beroof ,onder andere sy vuurwapen, wat later na bewering deur die staat, by Elmon Mohlala gekry is. Mnr. Kruger het getuig hoe die rowers hom en sy vrou saam met hulle in sy dubbelkajuit bakkie ingedwing het. Die rowers het die egpaar in die veld naby die Keeromspruit afgelaai, onder bewaking van 'n gewapende man. Twee is fort om geld uit sy rekening te gaan trek. Hulle het teruggekeer en mnr. Kruger gedwing om saam met hulle Middelburg toe te ry, omdat hulle gesukkel het met sy kaarte."Ek het geprotesteer om my vrou alleen te los, maar het geen keuse gehad nie."Mnr. Kruger is daarna saam met twee van die rowers na Mhluzi terwyl sy vrou alleen in die donker saam met nog 'n gewapende man agtergelaat is. Met hul terugkeer na die plek waar sy vrou agtergelaat is, en nadat hulle R3 000 getrek het en brandstof ingegooi het, was die ander rower en sy vrou nie meer daar nie. Met toestemming het mnr. Kruger na sy vrou geroep. Sy het nie geantwoord nie. Mev. Kruger het getuig hoe die man wat haar bewaak het onrustig begin raak het toe sy makkers so lank draai. Hy het haar in die donker saamgesleep en hulle is al met die Keeromspruit langs, oor die teerpad, tot waar dit by die Klein Olifantsrivier aansluit. "Ons het val-val oor die klippe, in en uit die spruit, in die donker geloop." Mev. Kruger het getuig hoe sy gedwing is om saam met die rower te hardloop, met die dreigement dat hy haar sal skiet as sy stop. Hy het haar die heeltyd styf om haar pols vasgehou. Toe hulle by die plek kom waar die spruit en rivier saamvloei, het hulle in 'n diep poel inbeweeg."Ek het besef dat die water baie dieper word. Ek het vir hom gesê ons gaan verdrink terwyl ek saggies dieper probeer beweeg het. Ek het gehoor hoe snak hy na sy asem." Die rower het paniekerig geword en haar arm gelos.Die oomblik toe mev. Kruger besef sy is vry het sy onder die water in verdwyn en dieper in die poel ingeswem. Sy het vertel hoe sy so lank as moontlik onder die water gebly het, omdat sy nie geweet het waar haar aanvaller is nie. Toe sy gedwing is om op te gaan vir lug, het sy gesien dat hy oppad was na vlakker water. Sy het weer onder die water weggekruip. "Na 'n ruk het ek begin bekommer raak oor my man. Ek het nie geweet waar hy was en of hy dalk beseer langs die pad lê nie. Ek het besef ek is die enigste een wat weet dat hy in gevaar is. Ek moes uit die poel om hulp te gaan kry." Die walle was te hoog en mev. Kruger moes weer in die Keeromspruit opbeweeg. Daarna het sy die spruit gevolg tot by die pad en hulp ontbied. Mnr. Kruger is saam met die twee ander rowers na Sekhukuneland waar hulle volgens sy getuies vir Tonic Madutlela afgelaai het. Die oorblywende rower het met hom teruggery Roossenekal toe en tussen Lydenburg en Roossenekal hom uit die voertuig laat klim en gesê dat hy sy vrou moet gaan soek. Hy het na die Roossenekal polisie gery vir hulp. Toe die Roossenekal polisie met die Middelburg polisie in verbinding tree, het hulle vasgestel dat mev. Kruger veilig is. Mnr. Kruger het van daar terug na sy huis gery waar die egpaar verenig is. Hulle het Tonic Madonsela tydens 'n identiteitsparade uitgewys. http://www.looklocal.co.za/looklocal/content/en/middelburg/middelburg-news-crime?oid=7686518&sn=Detail&pid=4979902&Vrou-skuil-in-poel

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles