Seventh-Avenue TV actor Deon Coetzee badly assaulted at home: suffers memory loss: nothing robbed
"Die 7de Laan-akteur Deon Coetzee, wat die rol van Herman Croukamp in die reeks vertolk, is die afgelope week so erg aangerand dat hy aan geheueverlies ly.
Coetzee se seun het hom glo in sy huis met ’n ernstige kopwond aangetref.Hy is enkele dae lank in die hospitaal opgeneem waar verskeie toetse gedoen is.
Coetzee was verward en kan nie onthou waar, wanneer en wie hom aangerand het nie.“Hy is oor die kop geslaan. Daar is ’n baie diep wond. Hy is in die hospitaal opgeneem en moes steke ontvang. Hy het erge harsingskudding weens die harde slag teen die kop opgedoen,” het Libby Nel, 7de Laan se publisiteitsbeampte, gesê.
Die akteur sterk nou tuis aan, maar hy het steeds erge pyn en is nog baie naar.Niemand weet of hy beroof is nie, maar hy het sy selfoon tydens die aanranding verloor.
Joanne Floris, Coetzee se agent, het die voorval bevestig, maar het gesê Coetzee se familie en vriende het gevra die media moet so min moontlik weet.
Volgens die Rosebank-polisiekantoor het nie Coetzee of iemand namens hom ’n klag ingedien nie."
↧