Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Bloemfontein nurse Victoria James of Mediclinic survives attack at home, Westdene, Bloemfontein

$
0
0
Bloemfontein nurse Victoria James, 34, survives armed attack by four black males, Westdene, ------------------------- Parkway SAPS registered 524 armed attacks in 2012 period The latest attacks: 1. Thursday 25 Julie 2013 34-year old Bloemfontein Mediclinic nurse Victoria James became the latest victim of armed black male attackers at her rental flat in Westdene. 2. Senior administrative official in the public prosecutor's office Thgandi Mokoena also was attacked at her apartment complex in Zastron street last Friday evening. 3. Dr. Ashley H. Kirk-Spriggs, head of entomology at Bloemfontein National Museum, attacked by knifemen 23h30 in front of his own home in Universitas last Thursday. ---------- Enigeen met inligting oor die rooftog op Mw James, of wat die gesteelde voertuig gewaar, is gevra om die Parkweg-polisiekantoor by 051-507-6000 te skakel. ----------------- Victoria James (34), ’n verpleegster by die Mediclinic Bloemfontein, het eergister omstreeks 21:30 by die huis gekom toe sy deur gewapende mans oorval en in haar huis ingedwing is. Volgens James het sy pas haar motor ingetrek en was besig om die hek toe te maak toe een van die rowers oor die pad na haar hardloop. Hy het sy hand op haar mond gedruk en ’n pistool teen haar kop gehou. “Hy het gesê: ‘Shut up’ en het my op die grond neergegooi. Sy drie vriende het toe oor die pad gekom. Almal was gewapen,” het ’n steeds geskokte James vertel. Die mans het haar huis se sleutels geëis en haar in die huis ingedwing.Die booswigte het haar in ’n kamer toegemaak en die huis omgekrap op soek na goedere om te steel. Die booswigte het 10 minute later sowat R3 500 uit haar rekening getrek.James sê sy is baie bly haar twee jong seuns, onderskeidelik sewe en nege jaar oud, was nie by die huis nie. Die mans het haar toegesluit en met haar selfoon en ander huishoudelike artikels in haar grys Ford Fiesta (DYZ 766 FS) weggery. James het met ’n stukkie hout teen die muur gekap totdat haar buurman onraad vermoed en die polisie gebel het. Sy was sowat ’n halfuur in die huis toegesluit voordat die eienaar van die huis kom oopsluit het. Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek ’n klag van gewapende roof. Enigeen met inligting oor die rooftog, of wat die gesteelde voertuig gewaar, is gevra om die Parkweg-polisiekantoor by 051-507-6000 te skakel. Dié polisiekantoor het gedurende 2011-’12 die meeste rooftogte met verswarende omstandighede, waarvan gewapende rooftogte by huise een is, in die Vrystaat geregistreer. Altesaam 524 (9,61%) voorvalle is in dié tyd by die Parkweg-polisiekantoor aangemeld. • Thandi Mokoena, waarnemende senior administratiewe beampte in die openbare beskermer se kantoor in Bloemfontein, is verlede Vrydagaand voor haar woonstelkompleks in Zastronstraat deur drie mans, onder wie een gewapen was, van haar motor en selfoon beroof. ) Dr. Ashley H. Kirk-Spriggs, hoof van entomologie aan die Nasionale Museum in Bloemfontein, is verlede Donderdag omstreeks 23:30 deur twee mans met messe voor sy huis in Universitas beroof. http://www.volksblad.com/nuus/2013-07-25-nog-n-vrou-by-huis-oorval-beroof

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles