Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Survived brutal attack by large black mob: plumber Theo Bratke, contracted to fix broken sewage system

$
0
0
Survived brutal attack by black mob: Plumber Theo Bratke of Bloemfontein had to flee for his life from mob in Koffiefontein: he was contracted to fix the broken-down sewage system which the mob was protesting against... Thursday 5 March 2015 http://www.netwerk24.com/nuus/2015-03-06-kontrakteur-werkers-erg-aangerand Survives: Theo Bratke, plumber contracted by municipality to fix sewage-system runs for his life: attacked by 20-member heavily armed black mob: Bloemfontein n Kontrakteur wat die verstopte rioolstelsel in Koffiefontein moes gaan oopmaak, moes om sy lewe vlug toe stakende munisipale werkers hom aanval. Theo Bratke van Bloemfontein sê hy is Donderdag deur tussen 15 en 20 mans, gewapen met kieries, staalkabels, stokke en stene, aangeval en erg aangerand. Foto’s wys ’n gapende wond aan sy kop met bloed wat oor sy rug stroom. Volgens hom het die stakers heeltyd aan hom en sy werkers geskreeu: “F***f uit ons dorp uit!” Hy is ook Sondag uit die dorp verjaag en moes die stakers wat agter hom aan gejaag het om sy voertuig uit te brand, van die pad druk. Eers toe kon hy na veiligheid ry. Bratke het daarom Donderag besluit hy sal net terugkeer om sy taak te voltooi indien die polisie bystand aan hom kan verleen. “Ek het na die polisie gery en hulle het gesê as daar enige probleem is, moet ek hulle skakel. “Ek het by die kafee gestop om koeldrank vir my en my werkers te koop toe ons skielik aangeval is. “Was dit nie vir ’n polisiebeampte in sy private voertuig wat aangery gekom het nie, was ek seker dood. Hy het ons gered.” Hy wil alle kontrakteurs wat genader is om werk in Koffiefontein te doen, waarsku om weg te bly. “Nie een kontrakteur is sy lewe seker nie. ’n Mens staan ook die kans dat jou voertuig uitgebrand gaan word.” Die ergste is hy is genader om die dorp se ernstige rioolprobleem op te los. Dele van die middedorp het ’n erge rioolkrisis en in die township is daar al “riooldamme” so groot soos halwe rugbyvelde. Die stakende werkers weier om sélf die rioolpype te ontblok, maar laat ook niemand van buite toe om die taak te doen nie. Inwoners sê die toestand in die dorp raak ondraaglik. Die plaaslike munisipale werkers is gegrief daardeur dat al die senior personeellede in die Letsemeng-munisipaliteit van buite, selfs van Limpopo, aangestel is. Intussen “vrot” die dorp en word min dienste hier verrig. Die rioolstelsel werk al drie maande nie en riool word in die Rietrivier gepomp. Dele van die dorp se krag is nou ook al dae lank af. Geen telefoon van die Letsemeng-munisipaliteit is Donderdag beantwoord nie. Thandi Reach­able, die burgemeester, en B.A. Mnguni, die munisipale bestuurder, was onbereikbaar vir kommentaar. http://www.netwerk24.com/nuus/2015-03-06-kontrakteur-werkers-erg-aangerand

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles