Clynton More survives attack by black gunmen at family shop, Virginia on 4 March 2015
Story by journalist Alet van der Walt (attached page grab from Vista News.
"Virginia man held up at gunpoint - Because of widespread cable-thefts businesses only had land-line phones "
-- 2015-03-04CLYNTON MORE het vanoggend (03/03) gedink twee mans wil net vinnig iets by die gesin se snoepwinkel in Virginia koop maar die volgende oomblik het hy in die loop van ’n rewolwer vasgekyk.
Hy het gehoor hoe die wapen oorgehaal word en omgeswaai en terug in ’n kantoor in gevlug. Hier het hy egter besef die veiligheidshek is nie gesluit nie en die twee mans kan in elk geval inkom.
Met sy hande in die lug het hy gesien hoe die twee mans toe wel deur diè hek inkom en die laai van die kasregister uithaal.
Hulle het hom met die oorgehaalde vuurwapen wat in sy rug boor na sy kantoor gedwing waar hulle hom op die grond laat lê het. Hier het die een man die vuurwapen teen sy kop gehou en sy bakkiesleutel en selfoon geneem.
Hy moes ook vir die mans wys wattter sleutel sy bakkie aansluit. Hy is toe met ’n elektriese verlengkoord vasgebind waarna die rowers gevlug het.
Hulle het hom net ligweg vasgebind en hy kon feitlik onmiddellik loskom en het gesien hoe hulle met sy bakkie wegry.
Clynton het by die skrootmetaal-onderneming langsaan gaan hulp soek en die polisie is ontbied. Volgens die eienaars van diè onderneming het die twee mans eers by hulle winkel rondgedrentel voordat die More’s se winkel geteiken is.
Die gesin se onderneming verkoop kringtelevisie-stelsels, hekmotors en ander sekuriteitsprodukte terwyl hulle ook ’n snoepwinkel uit dieselfde gebou bedryf.
Die polisie was baie vinnig op die toneel en die gesteelde bakkie is in minder as twee ure in Meloding gevind. Die rowers het met ongeveer R500 en die selfoon gevlug. Volgens Clynton is die een man besonder lank en skraal gebou en het hulle baie goeie Engels gepraat. Hy glo hulle is Suid-Afrikaanse burgers.
Die industriële gebied in Virginia loop blykbaar gereeld onder misdaad deur. Weens kabeldiefstal het sake-ondernemings hier vir net omtrent ’n maand landlyne gehad.
http://www.vistanews.co.za/#
↧