[VIDEO]: Woman beat burglar with knobkierie at home
The elderly couple who were surprised by three men in their bedroom, talking about the events.
Burglaries are on the rise in Witpoortjie, making Community Policing of Mindalore concerned.
This comes after the break yesterday morning during an elderly couple Witpoortjie which to Mindalore border, were surprised in their beds by three robbers.
With her right arm still in a sling; the consequence of a rifle shot that missed her lungs by a few centimeters and has formed a gap of five centimeters in the bedroom wall, the Rosa and Johan van der Walt of the News talk. Moments they described as a bad experience.
"The criminals we just kept trying to silence before grabbed me by the throat and began to strangle it," Johan said.
The other robbers went to where his wife lay still, and at that moment he was uncertain about what will they do with her. That's when his wife acquired the intruder with her club.
"I thought they were going to kill my husband, and it was then that he gets me shot!" She then yelled to her husband to press the panic button on the back of their bed to be able to let the security company.
"It is as if they had become calmer. I wanted one when the knobkierie wetter, but after he told me that he was going to shoot me, I dropped it, "said Johan.
"When we said that we are going to print the panic button, it was like lambs from the fold to lead and I pushed to the outside intruders."
He said he was looking for the keys to his gun from the safe to take when he realized his wife bleed profusely. She was immediately taken for medical treatment after Leratong Hospital, but the day after the shooting case back home.
The burglars had nothing stolen during the incident, but police are investigating the incident. Frik van Zyl, spokesman for the West Suburbs - Roodepoort Neighbourhood Watch (WSRNW), said burglaries in the area Witpoortjie is increasing and because Witpoortjie to Mindalore in Krugersdorp border it is possible that these crimes could spill over here.
Leon Ehrke, Chairman of Sector 9 Community Policing Forum said they will this issue with their members regurgitate so residents can be informed of the crime around Mindalore. He said that people at all times have to be vigilant and crime prevention small foxes already early on in the bud should relish.
[VIDEO]: Vrou wat inbreker met knopkierie slaan by huis
Die bejaarde egpaar wat deur drie mans in hulle slaapkamer verras is, praat oor die gebeure.
Inbrake is aan die toeneem in Witpoortjie en dit maak die Gemeenskapspolisiëringsforum van Mindalore bekommerd. Dit volg na die inbraak gisteroggend waartydens ‘n bejaarde egpaar van Witpoortjie, wat aan Mindalore grens, in hulle bed deur drie inbrekers verras is.
Met haar regterarm steeds in ‘n slinger; die nagevolg van ‘n geweerskoot wat haar longe met enkele sentimeters gemis het en ‘n gat van vyf sentimeter in die slaapkamer muur gevorm het, het Rosa en Johan van der Walt met die News gesels. Oomblikke wat hulle as ‘n nare ondervinding beskryf.
“Die inbrekers het ons net heeltyd probeer stilmaak voordat een my aan die keel gegryp en begin wurg het,” het Johan gesê. Die ander inbrekers is toe om na waar sy vrou nog gelê het en op daardie oomblik was hy onseker oor wat hulle met haar gaan maak.
Dit is toe dat sy vrou die inbreker met haar knopkierie bekom. “Ek het gedink hulle gaan my man doodmaak en dit is tóé dat hy my raakskiet!” Sy het daarna aan haar man geskree om die paniekknoppie aan die agterkant van hulle bed te druk om die sekuriteitsmaatskappy te kan laat uitkom.
“Dit is toe asof hulle kalmer geword het. Ek wou die een toe met die knopkierie wetter, maar nadat hy vir my gesê het dat hy my gaan skiet, het ek dit laat val,” het Johan gesê. “Toe daar gesê is dat ons die paniekknoppie gaan druk, was dit soos om lammers uit die kraal te lei en het ek die inbrekers tot buite gestoot.”
Hy het gesê hy was nog opsoek na die sleutels om sy vuurwapen uit die kluis te haal toe hy besef het sy vrou bloei erg. Sy is dadelik vir mediese behandeling na die Leratong Hospitaal geneem, maar is die dag na die skietgeval terug huistoe. Die inbrekers het niks tydens die voorval gesteel nie en die polisie ondersoek die voorval.
Frik van Zyl, woordvoerder vir die West Suburbs – Roodepoort Neighbourhood Watch (WSRNW), het gesê huisinbrake in die Witpoortjie-area is aan die toeneem en omdat Witpoortjie aan Mindalore in Krugersdorp grens is dit moontlik dat hierdie misdade hierheen kan oorspoel.
Leon Ehrke, voorsitter vir Sektor 9 Gemeenskapspolisiëringsforum het gesê hulle sal hierdie kwessie met hulle lede opbring sodat inwoners vooraf oor die misdaad rondom Mindalore ingelig kan word. Hy het voorts gesê dat inwoners ten alle tye waaksaam moet wees en klein misdaadvoorkomings jakkalsies reeds van vroeg af in die kiem moet smoor.
http://roodepoortrecord.co.za/2015/02/19/vrou-wat-inbreker-met-knopkierie-slaan-terug-by-huis/
https://www.youtube.com/watch?v=RuGEhsyzmdY
↧