Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Survives: Deaf-dumb elderly couple attacked, man stabbed in Oakglen, Altona Street, Bellville

$
0
0
Survives: A Deaf elderly couple attacked, stabbed by knifemen Oakglen, Altona Street, Bellville, Tygerberg area while the police were tied up controlling a group of rioters at the local law courts. REported by die Tygerberger journalist Michelle Linnert 2015-02-25 15:00 ‘n Buurman het dadelik te hulp gesnel toe die dowe, bejaarde egpaar verder in sy straat aangeval en een gesteek is. Só vertel Morné van Zyl, wat ook in Altonastraat woon, oor die gebeure Dinsdagmiddag helder oordag in die oprit van sy bure. “Ek was gistermiddag 12:00 besig om die motorhuisdeur af te skuur om te verf. Skielik hoor ek iemand gil,” vertel Morné. “Ek was nie seker watter soort gil dit was nie – die oumensies is mos doof, hulle maak geluide – maar ek kon dadelik agterkom iets is fout.” Morné sê toe hy in die straat af kyk of daar kinders gil, sien hy ‘n man wat weghardloop. Toe wéét hy daar is fout, sê hy. “Ek het sommer netso kaalbolyf af in die pad gehardloop. Toe ek daar aankom, toe sien ek die ouman is gesteek, sy hand is vol bloed.” Morné sê hy is toe dadelik na die vulstasie daar naby, vanwaar werkers gewoonlik die minibustaxi’s kry. “Toe sien ek ‘n ou van ADT-sekuriteit en stop hom en vra of hy saam met my deur die buurt kan ry om die area te deursoek vir die verdagte man. “Daar is ‘n stegie oorkant die tannie se huis wat deurgaan na ‘n parkie. Toe ons by die parkie kom, toe loop dieselfde man wat ek sien hardloop het, doodluiters daar asof daar niks gebeur het nie!” Morné sê hy en die ADT-sekerheidswag het die man gekonfronteer om vir die wapen te soek waarmee die ou man aangeval is. “Die ouman het verduidelik daar was twee mans, en die een wat gesteek het, het eintlik vir sy bors gemik, maar toe keer hy dit af.” Intussen het Morné en die wag ook die polisie probeer kontak, met die hulp van ‘n inwoner oorkant die parkie. “Ons het lank gewag. Toe gaan haal ek die paartjie by die huis om solank die man te kom uitken. Die aanvaller het die heeltyd gesê hy’t niks verkeerd gedoen nie. “Toe hulle hom sien, gaan die oumense vreeslik tekere. Hulle is erg getraumatiseer.” Morné sê hul buurtwag-voorsitter, Jacques Lightfoot, kon toe eindelik die Bellville-polisie kry om uit te kom om die man in hegtenis te neem en weg te neem. Jacques het aan TygerBurger bevestig dat die polisie se mannekrag gister grotendeels by die Bellville-hof en middestad ingespan was. “Die polisie het gister baie probleme ondervind met ‘n groep wat in die hof verskyn het. Hulle het uitgekom, die man in hegtenis geneem en weggeneem. “Die twee mensies is doofstom. Een van hul familielede het getolk. Hulle kon nie ‘n mes of die oom se kaart wat gesteel is, op die man vind nie. Die tweede man is ook nie gevind nie,” sê Jacques. “Die wond was nie baie diep nie.” - http://www.tygerburger.co.za.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles