Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Survive: Melissa Simpson, 23, mom Suzette and husband Glen: daughter puts up fierce struggle against knifeman

$
0
0
Melissa Simpson, 23 saved mother's life from black knifeman in Centurion: clawing, tearing and attacking the black home-invader who had tried to kill her mother - family suspects the man had been watching their home for a long time... Awaiting more details from Wierdabrug SAPS. Afrikaans report: Feb 24 20145 - Boere Krisis Aksie - ‘n Jong vrou van Centurion het waarskynlik haar ma se lewe gered toe sy ‘n inbreker eenkant toe gepluk het. Die indringer het die ouer vrou herhaaldelik met ‘n mes probeer steek. Melissa Simpson (23) se naels het in die lewe ingeskeur in haar pogings om haar ma, Suzette (43), uit die man se kloue te red. Suzette het Vrydagaand net ná middernag wakker geskrik van geluide binne hul huis in Hennopspark. “Dit was ‘n harde spring-geluid en ek het voetstappe gehoor,” sê sy. “Ek het eers gedink dit was dalk die kat wat van iets afgespring het of my kleindogter wat wakker geword het.” Suzette sê sy het in die gang afgestap en vlugtig gedink dat daar dalk iemand in die huis kon wees. “Maar ek was vinnig op my gemak gestel toe ek die woonstel-eienaar en haar kuiergaste hoor gesels,” sê sy. “Daar was ‘n klomp voertuie buite en ek het nie gedink iemand sou dit waag om iewers waar dit só bedrywig was in te breek nie. En toe spring daar ‘n man skielik voor my in en swaai ‘n groot mes etlike sentimeters voor my gesig.” Suzette sê sy kan nie onthou wat daarna gebeur het nie, maar vermoed dat daar ‘n struweling tussen hulle moes wees omdat sy pimpel en pers ná die aanval was. “Ek weet wel dat ek op die vloer in die gang gelê en toe skreeuend agteruit gekruip het om van die man af weg te kom,” sê sy. “Die geskreeu moes Melissa wakker gemaak het, want sy het uit haar kamer gestorm, die man getakel en hom met mening van my afgetrek,” sê Suzette. Suzette se man, Glenn (49), het die twee vroue se geskreeu en geskarrel gehoor en sy harde stem het vermoedelik die inbreker die skrik op die lyf gejaag. Die inbreker het deur dieselfde venster in die speelkamer waar hy ingekom het, gespring en doodluiters weggestap. “My man het intussen sy pistool gaan haal (uit die kluis) en die man agternagesit,” sê Suzette. “Hy het die inbreker aan die broek gegryp maar dié het dit reggekry om weg te hardloop.” Suzette, wat sedert die aanval sukkel om te slaap, sê sy vermoed sy is dopgehou en dat die man gewag het totdat sy slaap voordat hy deur die venster geklim het. “Hy het beslis beplan om my raak te steek,” sê sy. ‘n Klagte is by die Wierdabrug-polisiekantoor gelê. http://www.facebook.com/BoereKrisisAksie

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles