Survive: Afrikaner couple Philip and Oranje van Rooyen, both 60, attacked by 2black men with machete and screwdriver at their home, Gulfoss Road, Centurion:
(Awaiting details from Wierdabrug police at http://www.saps.gov.za
Afrikaans report by friend of the family.
‘n Bejaarde egpaar van Valhalla in Centurion is Donderdagoggend met ‘n panga en ‘n skroewedraaier in hul slaapkamer aangeval.
Philip en Oranje van Rooyen (albei 60) is omstreeks 02:15 in hul slaap oorval in hul huis in Gulfossweg.
Jan Visagie, ‘n vriend van die egpaar, het Vrydag gesê die twee inbrekers het toegang tot die huis verkry deur die diefwering van ‘n ander kamer se venster oop te breek.
Die rowers het Philip wakker gemaak en gewaarsku om stil te bly.
“Oranje het wakker geword, ‘n man met ‘n panga in sy hand gesien en geskreeu,” het hy gesê.
“Die rowers het die paartjie se hande en voete met ‘n selfoonlaaier se koord vasgebind en komberse oor hul koppe gegooi.”
Philip, wat aan diabetes ly en sukkel met sy sig, is deur een van die rowers met die vuis bygedam en een van sy tande is uitgeslaan.
Die rowers het ‘n televisiestel, selfoon, juwele en geld gesteel en gevlug.
“Philip het Oranje se voete losgewoel en sy het ‘n mes in die kombuis gaan haal om hul hande los te sny,” het Visagie gesê.
Die paartjie het die Wierdabrug-polisie ontbied, wat glo binne enkele minute op die toneel was.
Visagie sê Oranje was ná die aanval getraumatiseerd en het weens die erge skok ‘n 'skynhartaanval' gekry.
Oranje was Vrydagmiddag nog in die Unitas-hospitaal in Centurion en sal na verwagting Saterdag ontslaan word, terwyl Philip reeds terug by die huis is.
Wierdabrug-polisiewoordvoerder Kaptein Agnes Huma kon nog nie bevestig of enigiemand al in hegtenis geneem is nie.
http://www.saps.gov.za and http://www.faceboom.com/boerekrisisaksie
↧