Infamous killer Zuma Sekhonyane testifies in Free State court how Afrikaner widow Elsabeth du Bruyn, 71 of Brandfort tried to flee from her killers and begged in Sesotho not to kill her...
Skhonyane had grabbed her when she tried to flee through the back door and she fell. He smothered her with one hand while co-killer Leseha tied her feet with her bathrobe's belt and tied her hands to her apron."She struggled to get lose. "She asked us not to kill her and that she would pay us.' However, he said, he pushed a sock into her mouth and tied it closed with a silk stocking around her face. He then carried her from the kitchen to the corridor. He went to look at the two safes in the bedroom and found R350 in cash. When he went back to Mrs Du Bruyn she had stopped breathing, he testified.
"I looked at her for about five minutes, then I said we had to go. State prosecuting advate Amanda Bester put it to Sekhonyane that he had murdered her because they didn't wear maks.
Co-killer Leseha replied 'Yes she would have recognised us if she saw us again. I didn't even think about killling her'.
There's no indication that they were remorseful about the murder of the frail woman on 5 September 2013. Sentencing will be on Friday.
However according to police reports, Mrs Du Bruyn was extensively tortured before she was murdered.
------------------------
Summary from report by Mike van Rooyen and Alzane Narrain, Saturday 14 February 2015:
Afrikaans: "Moordenaar vertel hoe weduwee probeer vlug het
Deur Mike van Rooyen en Alzane Narrain Saterdag 14 Februarie 2015 23:04
Die skokgebeure oor hoe die bejaarde Elsabeth du Bruyn van Brandfort in die donker vir haar moordenaars probeer wegvlug het en toe vermoor is,
het nou die eerste keer in die Vrystaatse hooggeregshof uitgekom.
Sy het gespartel en gesoebat dat hulle haar nie moet doodmaak nie. Sy het in Sesotho met die twee mans gepraat en vir hulle geld aangebied,
het regter Corné van Zyl uit die twee moordenaars se monde gehoor.
Sy het Zuma Sekhonyane (35) en Mohau Leseha (24) albei aan die moord en die rooftog op die 71-jarige weduwee die nag van 5 September 2013 skuldig bevind.
Sekhonyane is ook aan die onwettige besit van Du Bruyn se geroofde vuurwapen en ammunisie skuldig bevind.
Die twee word aanstaande Vrydag gevonnis.
Leseha het ter strafversagting getuig hoe hulle in die donker gestaan het toe Du Bruyn by haar agterdeur uitkom.
Toe sy hulle sien, het sy probeer om terug in die huis te kom, maar hulle het haar ingehardloop en toe Sekhonyane haar gryp, het sy by die agterdeur geval.
Sekhonyane het haar mond met sy hand toegedruk terwyl Leseha haar voete met haar japongordel en haar hande met haar voorskoot vasgebind het.
Sy het gespartel en probeer loskom.
“Sy het geskop, daarom het ek gesukkel om haar bene vas te maak.”
Hy het getuig: “Sy het gevra ons moet haar nie doodmaak nie. Sy het gesê sy sal vir ons geld gee.”
Sekhonyane het ’n sokkie in haar mond gedruk en dit met ’n sykous vasgebind.
Leseha het getuig hulle het haar van die kombuis na die huis se gang gedra.
In haar slaapkamer was die twee kluise oop. Hy het nie geld daarin gekry nie. In ’n laai het hy ’n koevert met R350 in gekry. Hy het dit in ’n rooi handsak gesit.
Toe hy weer by haar kom, het hy gesien sy haal nie meer asem nie. Hy het sowat vyf minute vir haar gekyk. Toe sê hy hulle moet gaan.
Adv. Amanda Bester, vir die staat, het aan hom gestel dat hulle haar opsetlik doodgemaak het omdat hulle nie maskers gedra het nie.
Leseha: “Ja, sy sou ons later herken het, as sy ons weer sou sien. Ek het nie eens daaraan gedink om haar dood te maak nie.”
Adv. Oupa Makhene tree vir Sekhonyane op en Masilo Koenane vir Leseha.
https://www.facebook.com/boerekrisisaksie?fref=photo
↧