They were all working on their portfolio, said a young Afrikaner model of Balfour, Angeline Horn, 20, who is very traumatised after a group of seven young models and photographers were assaulted, shot at, threatened with rape and tied up after they were robbed. The two black gunmen accosted the group after they had finished their photoshoot in an abandoned building in Tembisa on the East Rand demanded to know what the whites were doing there.
The seven models and photographers were held at gunpoint, shot fired at Afrikaner model Angeline Horn 20, of Balfour, she ws kicked, shot at, licked, threatened with rape and murder, and together with the other six people in the group, tied up and robbed after their photosession against a 'beautiful graffiti wall' - Tembisa, East Rand
Feb 14 2015 - After a group of white models and photographers were threatened with murder and rape, beaten up, shot at and robbed, the distraught group tried to raise a passing police vehicle.
The vehicle simply drove past the clearly dishevelled group in Tembisa at the East Rand, where photographers were 'drawn by the beautiful graffiti on a wall' of an abandoned building to pose the models in front of
’n Jong model van Balfour in Mpumalanga is erg getraumatiseerd nadat sy en sewe ander ná ’n fotosessie deur twee rowers aangerand en aangehou is.
Die modelle en fotograwe is Saterdagmiddag in ’n verlate gebou in Tembisa aan die Oos-Rand deur die gewapende mans vasgebind, aangerand, met vuurwapens gedreig en beroof.
Angelique Horn (20) was een van die sewe slagoffers. Mooi graffiti het die fotograwe en die modelle na die verlate gebou gelok, het Horn Woensdag aan Beeld gesê.
“Ons het 11:00 begin foto’s neem. Ons almal het aan ons portefeuljes gewerk. “Teen 14:00 het dit begin reën en ons het opgepak.
“Net voordat ons die gebou verlaat het, het twee mans ons genader. Hulle wou weet wat ons daar doen. “Nadat ons aan hulle verduidelik het, het hulle vuurwapens uitgehaal en dit op ons gerig.
“Hulle het gesê ons gaan nêrens vandag (Saterdag) nie. “Ek het aanvanklik gedog dit is speelgoedvuurwapens. “Maar toe skiet die een man ’n skoot in die lug.”
Horn het gesê hulle het by die gewapende mans gepleit om hulle nie seer te maak nie. Een van die modelle moes almal se handsakke en klere vir die rowers bymekaar maak en gee.
“Ek wou my handsak gryp toe skiet die een rower op my. “Ek is gelukkig nie getref nie. “Hy het na my toe gestap en my herhaaldelik geskop. Ons hande is agter ons rûe vasgebind.
“Ek het my kop opgelig om hul gesigte te sien sodat ek hulle kon uitken. Die een man het weer ’n skoot langs my in die grond afgevuur. “Hy het gesê as ons ons nie gedra nie, gaan hy ons verkrag.”
Klere is oor hul koppe getrek terwyl hulle vasgebind is. “Ons is twee ure aangehou. “Dit het later doodstil geword. Een van die manlike modelle het die klere van sy kop gekry en gesien die rowers is weg.
“Hy het ’n stuk glas in die hande gekry en homself losgesny. Daarna het hy ons gehelp. “Ons het na die hoofstraat vir hulp gehardloop. ’n Polisievoertuig het verby ons gery.
’n Motoris het die ambulanse ontbied.” Die polisie het Saterdag Horn se verklaring afgeneem, maar sy het nog nie ’n klag by die polisie ingedien nie.
https://www.youtube.com/watch?v=aZX5kLkL_Vo
http://www.netwerk24.com/nuus/2015-02-12-modelle-n-fotosessie-vasgebind-beroof
↧