Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Survived: Elmie Wessels survives attempted farm attack, Groblersdal: SAPS arrests 4 armed black males

$
0
0
Survived: Elmie Wessels survives attempted farm attack, Groblersdal: 4 armed black males arrested Loskopdamp Road, after questioning by police they admitted they were planning to attack Mrs Elmie Wessels at her farm: police finds hidden weapons in stolen car: Boere Krisis Aksie Nog 'n plaasaanval gefnuik Vier verdagtes in besit van vuurwapens, is Donderdag, 8 Januarie, gearresteer toe hul op ’n plaas op die Loskopdampad vasgetrek is. Mev. Elmie Wessels het ’n verdagte voertuig ongeveer 05:00 op haar perseel opgemerk en ondersoek gaan instel. Sy het vier verdagtes in ’n voertuig betrap, wat gesê het dat hul opsoek is na werk. Mev. Wessels het nie gerus gevoel nie en dadelik hulp ontbied. WIPS (Wildlife Investigation and Protection Services) en Rudi Louw (swaer van mev. Wessels) is blitsig na die toneel. WIPS het die verdagtes vir betreding gearresteer en na Groblersdal SAPD geneem vir ondervraging. Volgens Piet Groenewald van WIPS het luitenant kolonel Venetia Masingi die verdagtes ondervra en nie gerus gevoel nadat hul stories nie ooreengekom het nie. Groblersdal SAPD is na die toneel en het die verdagtes gevra of hul die voertuig mag deursoek. Daar is twee vuurwapens in die paneel van die bestuurdersdeur gevind, waarop die polisie die mans gearresteer het vir onwettige besit van vuurwapens. Volgens kaptein Anton Willemse is die voertuig as gesteel aangemeld net buite Witbank in Desember 2014 en die vuurwapens in April 2014. “Ek is net dankbaar ek het my boerboel saam met my gevat en dat ek teen die deur van die voertuig gestaan en gesels het, wat die verdagtes gekeer het om die vuurwapens uit die paneel van die voertuig te kry,” sê mev. Wessels. Volgens mnr. Groenewald het die verdagtes genoem dat hulle mev. Wessels wou beroof. “Ek het nie die erns van die saak besef tot die polisie die mans in hegtenis geneem het nie,” sê mev. Wessels. Die Vallei is sedert September geteister met ’n aantal voorvalle op plase en die polisie stel ondersoek in wat moontlik die verdagtes kan koppel aan voorvalle by: •Mnr. Wilhelm (oom Boet) Miessner en sy vrou, Sophie op 11 September 2014. •Jan-Harm Venter op 25 November 2014. •Annemarie en Johan van den Heever op 28 November 2014. • Lillian en Andries Kruger op 3 Desember 2014 en Stefan Barendse op 17 Desember 2014. Beskuldigdes: Elson Hlatshovago (24), James Sibanyoni (26), Patrick Modau (27) en Lebogang Motau (22), het Maandag, 12 Januarie, in die hof verskyn en die saak is uitgestel tot Maandag, 19 Januarie, vir ’n formele borgaansoek. • Volgens a/o Stanley Magaela (polisiewoordvoerder van Groblersdal SAPD) is die verdagtes tans in Bronkhorstspruit polisiestasie in aanhoudig na ’n polisie ondersoek wat moontlik die verdagtes kan koppel aan ’n voorval in Ekangala net buite Bronkhorstspruit.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles