Lee-Ann Palmarozza, 34, mother of one child, South African woman, found dead on Mauritius holiday: police says they 'are not investigating murder because there were no bruises on the body', however the dead woman's brother says 'heavy bruising was found on her forehead and that a murder may be investigated. ' Her body has been taken to South Africa for forensic examination.
The South African consul in Port Louis is providing assistance to the family. The circumstances of her death remain murky at this time. We are posting this report as a possible murder until more information is obtained as to the exact circumstances. We will keep this report on the archive until the exact circumstances become clear.
-----------------------------
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het Saterdag gesê hy lewer bystand in Mauritius nadat ʼn Suid-Afrikaanse vrou se liggaam in ʼn swembad by ʼn vakansieoord op die eiland gevind is.
“Ons is bewus van die saak,” het Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement, gesê. “Ons ambassade in Port Louis skakel met al die partye wat geraak word en lewer konsulêre ondersteuning.”
Die Saturday Star berig dat die 34-jarige vrou se liggaam Sondagaand gevind is. Die vrou se kêrel het glo omstreeks middernag gaan stort en met sy terugkeer was sy glo weg. Die hotel se veiligheidspersoneel het na die vrou help soek waarna haar liggaam in die swembad gevind is.
Die polisie in Mauritius het aan die koerant gesê dat hulle nie ʼn moordsaak ondersoek nie aangesien daar geen kneusplekke op die vrou se liggaam gevind is tydens die nadoodse ondersoek nie.
Die vrou se broer het egter aan die koerant gesê dat daar aan hom gesê is die moontlikheid word ondersoek dat sy vermoor is aangesien daar erge kneusplekke en beserings aan haar voorkop gevind is tydens die nadoodse ondersoek.
Die vrou se liggaam sal na Suid-Afrika gerepatrieer word. IOL het die oorledene intussen geïdentifiseer as Lee-Ann Palmarozza.
Saturday Star, South Africa and
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/sa-vrou-dood-gevind-in-mauritius-dalk-vermoor/
↧