Another man shot dead execution-style next to Johannesburg M2 highway near Denver while fixing flat tyre
l18 Desember 2014 No mention that anything was robbed in news report: ’n Man se lyk is Donderdag gevind waar hy langs sy motor doodgeskiet is langs die M2-snelweg naby Denver, suid van Johannesburg, het die metropolisie gesê.
“Dit is nog nie duidelik wat gebeur het nie, maar dit wil voorkom of hy probleme met sy voertuig ondervind en uitgeklim het. Hy is toe waarskynlik deur mense langs die snelweg gekonfronteer,” het insp. Edna Mamonyane gesê.
Metropolisielede op patrollie het die motor met die oop enjinkap gesien en afgetrek. Die man, vermoedelik in sy 40’s, se lyk is naby die motor gevind met ’n skietwond in sy kop.
Die polisie ondersoek ’n saak van moord.
- Sapa http://www.netwerk24.com/nuus/2014-12-18-man-langs-jhb-snelweg-doodgeskiet2
↧