Elderly Afrikaner couple René 68 and Louis 71 Van Zyl attacked in Reebok, Mossel Bay holiday home "Stolen' car found abandoned near township by police - The elderly couple had lived in New Zealand for several years...
- MOSSELBAAI NUUS - 'n Bejaarde egpaar is in die vroeë oggendure op Dinsdag, 9 Desember in 'n vakansiewoning in Reebok deur drie mans oorval en wreed aangerand.
Boonop was daar skaars 'n dag later, op Donderdag, 11 Desember, nóg 'n gewapende roof in die vroegoggendure in Grysboklaan, skaars 'n klipgooi vanwaar die eerste voorval plaasgevind het. Polisielede is tans steeds op soek na verdagtes en kon geen verdere inligting kon bevestig word nie.
Mev René van Zyl (68) en haar man Louis (71) het tydelik in die woning in Duikerlaan, Reebok gebly wat aan René se broer, Bennie van Rensburg (79) en sy vrou Nellie (79), van die Groenkloof Aftreeoord in Groot-Brakrivier behoort. Die Van Zyl egpaar was na wat verneem word voornemens om binnekort na 'n aftreeoord in George verhuis nadat hulle vir 'n aantal jare in Nieu-Seeland gebly het.
Mev Van Zyl het glo om ongeveer 03:00 Dinsdagoggend water in die kombuis gedrink toe sy 'n geluid buite gehoor het. Sy het deur die venster twee mans op die stoep sien staan. Volgens die woordvoerder van die Groot-Brakrivier SAPD, Sers Chantel Marais, het mev Van Zyl na die slaapkamer gegaan om haar man wakker te maak.
"Sy het in die slaapkamer gestaan en 'n harde slag gehoor. Toe sy omdraai was een van die inbreker reeds agter haar," aldus Sers Marais. Die drie swart mans, wat balaclavas gedra het, was gewapen en het die egpaar na die sitkamer gedwing waar hulle die egpaar se hande en voete met 'n telefoonkabel vasgemaak het. Dit blyk dat toegang tot die huis bekom is deur 'n venster oop te breek.
Volgens Sers Marais is mev Van Zyl verskeie kere met 'n kierie deur die gesig geslaan. Mnr Van Zyl is na wat verneem word met die 'n rewolwer oor die kop geslaan.
"Die verdagtes het aangedring op kluissleutels".
"Mev van Zyl meen dit is die Groot-Brakrivier patrollievoertuig wat op daardie tydstip besig was om die straat te patrolleer en wat toevallig voor die huis gestop het, wat hulle lewens moontlik gered het."
Sers Marais sê die twee polisielede, Sers Ferdi Nel en Kst Wesley Louw, was in die patrollievoertuig en het nie geweet van die dramatiese gebeure wat besig was om in die huis af te speel nie. Hulle het net per toeval vir 'n oomblik buite die woning stilgehou.
"Mev Van Zyl sê die mans, wat 'n vreemde swart taal gepraat het, het die voertuig voor die huis sien stop en vir mekaar gesê: 'police, police'. Die drie mans het kameras, juwele en 'n skootrekenaar wat in die huis was gegryp en in 'n Mercedes C200, wat in die motorhuis gestaan het, gevlug.
Die Van Zyls se bure, Dalene (66) en Roelf Roelofse (75), het kort hierna wakker geword nadat 'n bebloede en getraumatiseerde mev Van Zyl die deurklokkie gelui het.
"Sy het verskriklik gelyk. Sy was vol bloed. Ons het die polisie en Suiderkruis Sekuriteit gebel en na Louis gegaan. Hy was geskok en het eenkant op 'n stoel gesit. Die hele vloer was vol bloed," sê Dalene. Die egpaar is na die Mosselbaai Life Bay View Hospitaal vervoer waar mnr Van Zyl in 'n kritieke toestand opgeneem is.
Intussen het die polisie die verlate Mercedes in Mosselbaai opgespoor. Die drie verdagtes was teen druktyd steeds op vrye voet.
Mnr Van Zyl is intussen na 'n gewone saal oorgeplaas. Beide slagoffers was teen druktyd steeds in die hospitaal.
Die Mossel Bay Advertiser het die egpaar genader vir kommentaar maar Bennie van Rensburg het telefonies bevestig dat die egpaar steeds te geskok was.
https://www.facebook.com/media/set/?set=a.178568022169751.48293.116298045063416&type=
↧