Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Most dangerous areas for families in Gauteng are (traditionally former 'white' areas) of Honeydew, Randburg, Roodepoort says police

$
0
0
Most dangerous areas for families to live in Gauteng province (formerly Transvaal) are the 'formerly traditionally white' areas of Honeydew, Randburg, Roodepoort etc policing areas, announced the police. An average monthly of 87 armed attacks are carried out against families in their homes in 2014 thus far by armed black male gangs. ====================== NOTE: There has not been one attack on record that an all-white gang has carried out attacks against families in their homes - but there have been several reports of one white man who was described as having participating in such house-robberies with black gunmen. ================================ http://www.netwerk24.com/nuus/2014-12-03-s-ruk-kapings-handuit http://www.censorbugbear.org/farmitracker/reports/view/359 http://www.censorbugbear.org/farmitracker/reports/view/36 http://www.censorbugbear.org/farmitracker/reports/view/4 http://www.censorbugbear.org/farmitracker/reports/view/326 http://www.censorbugbear.org/farmitracker/reports/view/813 ------ Afrikaans report: 3 December 2014: Onveiligste omgewings: Volgens die jongste statistieke is die Honeydew-polisiëringsgebied (dit sluit woongebiede soos Douglasdale, Florida, Honeydew, Randburg en Roodepoort in) die onveiligste in Gauteng om in te woon en Johannesburg-Sentraal (waaronder Sophiatown, Brixton en Booysens) die gevaarlikste omgewing in die provinsie om in te werk. Van Julie tot September is gemiddeld 87 huisrooftogte per maand in die Honeydew-polisiegebied en 57 sakerooftogte per maand in die Johannesburg-Sentraal-gebied aangemeld. En oeps - ons het 'n foutjie gemaak het nasionale polisiehoof Riah Phiyega toegegee: Die getal vragmotorkapings in Gauteng het nie met 3% toegeneem nie, maar met 56%. Phiyega, nasionale polisiehoof, het in September verouderde statistieke – aangeteken van April 2013 tot Maart 2014 – gebruik om aan te kondig dié soort misdaad het met 3% toegeneem. Nuwe misdaadstatistieke wat in die Gautengse wetgewer deur die LUR vir gemeenskapsveiligheid bekend gestel is, dui op ’n 56%-styging. Dié statistieke vergelyk misdade van Julie tot September vanjaar met dieselfde tydperk in 2013. Huisrooftogte het volgens Phiyega met 14,2% toegeneem. In werklikheid het die situasie teen einde September reeds tot meer as 16% versleg. Net so het motorkapings teen einde September nie net met 21% gestyg nie, maar met meer as 25%. Dit kos die land jaarliks miljarde rande en knou ondernemings sowel as die ekonomie. Die Suid-Afrikaanse versekeringsmisdaadburo (SAICB) het gesê meer as 66 000 voertuie ter waarde van R8,5 miljard is in die afgelope boekjaar gesteel. Speurders by Gautengse voertuigtakke van die polisie sowel as die Valke het die toename al maande gelede voorspel. “Die modus operandi is dikwels om ’n vragmotor af te trek onder die voorwendsel dat jy van die polisie is,” het ’n lid van die Valke wat by teenkapingsprojekte betrokke is, gesê. “Die kapers vra die veiligheidswag by die vragmotor of hulle sy wapen en wapenlisensie kan sien. “Sodra dit in die kapers se besit is, word die wag ingelig dis ’n rooftog.” Sindikate stel belang in óf die vragmotor óf die vrag. ’n Vragmotor wat in Mosambiek “bestel is”, sal byvoorbeeld gekaap word en deur die grenspos ry. Die vragmotor sal binne minute deur inwoners van ’n plaaslike township leeggemaak word en geen haan sal daarna kraai nie, want die gemeenskap het by die misdryf baat gevind, het Beeld se bronne gesê. Duur vragte, soos skootrekenaars, is veral in die laaste tyd gesog en word dikwels geteiken omdat dit winsgewend van die hand gesit kan word. Volgens ’n speurder by ’n Gautengse voertuigtak is twee vragmotors met rekenaars ter waarde van R27 miljoen onlangs in een week gekaap. Seinversteurders (jammers) word gebruik om die opsporingstelsel se sein te versper totdat die vrag afgelaai en die vragmotors in ’n afgeleë gebied gelos is. Onveiligste omgewings: Volgens die jongste statistieke is die Honeydew-polisiëringsgebied (dit sluit woongebiede soos Douglasdale, Florida, Honeydew, Randburg en Roodepoort in) die onveiligste in Gauteng om in te woon en Johannesburg-Sentraal (waaronder Sophiatown, Brixton en Booysens) die gevaarlikste omgewing in die provinsie om in te werk. Van Julie tot September is gemiddeld 87 huisrooftogte per maand in die Honeydew-polisiegebied en 57 sakerooftogte per maand in die Johannesburg-Sentraal-gebied aangemeld.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles