Nelmarie Coetzee (55) bookkeeper at scrap yard: raped, murdered, tiny bit of cash on her 'robbed'- Bloemfontein #Estoire AH
http://www.volksblad.com/nuus/2014-09-09-vrou-55-wreed-vermoor
’n VROU van die Estoire-hoewegebied in Bloemfontein is vermoedelik verkrag en wreed vermoor voordat haar halfnaakte lyk in ’n pakkamer onder kussings en ’n seil versteek is.
Nelmarie Coetzee (55), wat as ’n boekhouer vir ’n skrootwerf gewerk het, se werkgewer en vriende is steeds geskok oor haar wrede moord.
Coetzee is Vrydagnag voor haar klein huisie deur ’n onbekende man oorval en vermoedelik verkrag voordat sy vermoor is.
Die vermoede bestaan dat sy verskeie kere met ’n mes gesteek is en met ’n voorwerp, vermoedelik ’n brandblusser, oor die kop geslaan is.
Bloed was gister nog duidelik sigbaar teen ’n motorwiel en op die grond in die pakkamer.Lesley Kussman, eienaar van die kleinhoewe en skrootwerf vir wie Coetzee 20 jaar gewerk het, het Saterdagoggend na haar gesoek toe sy nie vir werk opgedaag het nie.
Haar lyk is Saterdagmiddag ná ’n soektog deur polisiebeamptes en inwoners gekry.“Dit is ’n skok vir ons. Die hek was oop en dit lyk of iemand haar dopgehou het,” sê Kussman.Miem Visagie (55), ’n goeie vriend van Coetzee, sê hulle het die polisie gebel nadat hulle bloed voor Coetzee se deur gekry het.
“Sy was ’n goeie mens. Ek kan nie oor dit kom nie.My hart is nog baie seer. Ek het haar nog Vrydagaand laas gesien.Ek gaan haar vriendelikheid mis, ek mis dit al klaar.
Sy het altyd na my geroep en gevra of die water reg is vir koffie,” sê sy. Konst. Peter Kareli, polisiewoordvoerder, sê dit is onseker waarmee die vrou vermoor is.
Slegs die bietjie geld wat Coetzee by haar gehad het, is glo gebuit. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en ’n klag van moord word ondersoek.
http://www.volksblad.com/nuus/2014-09-09-vrou-55-wreed-vermoor
↧
Murder and rape: Nelmarie Coetzee 55, bookkeeper Estoire smallholdings scrapyard near Bloemfontein:
↧