Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Murder: Mrs Coba Odendaal, 74, found with stab-wounds and strangulation marks at rented farm-cottage

$
0
0
Murder: Vredendal, WC farm-cottage tenant, great-grandmother Mrs Coba Odendaal 74 strangled with her own scarf: 20 Augustus 2014 Phillip Bruwer - Maroela Media http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/vredendal-plaasmoord-bejaarde-glo-met-eie-serp-verwurg/ FOTO: Coba Odendaal, tydens haar agterkleindogter, Lanelle Peens, se onlangse doop. Foto:WP v Zyl Photography Die gemeenskap van Vredendal in die Wes-Kaap is geruk deur die nuus dat een van hul geliefde inwoners Dinsdagmiddag in ʼn klein plaashuisie vermoor is. Koba Odendaal (74) het saam met haar dogter, Marita Mather, in ʼn tweeslaapkamerhuis langs ʼn rivier gewoon. Marther het die huis by ʼn boer in die omgewing gehuur. Mather is ʼn adviseur en werk ongewone ure, het haar dogter Chantelle Peens, Woensdag aan Maroela Media gesê. “My ouma was vroeër die oggend dorp toe en het ook by haar vriendinne en haar niggie gaan kuier,” het sy gesê. Odendaal het vermoedelik omstreeks 12:30 teruggekeer en is deur ʼn onbekende aantal aanvallers by die huis oorweldig. “Sy was tydens die aanval alleen by die huis.” Mather het haar ma se liggaam in haar slaapkamer aangetref. Sy het in ʼn plas bloed gelê. Haar gesig was geswel en sy het drie steekwonde in haar nek gehad. Sover daar vasgestel kan word, is haar selfoon en beursie gesteel. Die aanvallers het ook die huissleutels gesteel. Peens het gesê die polisie is nog op die toneel vir verdere ondersoek. “Ons sal eers later weet of daar nog items gesteel is,” het sy gesê. Nadoodse ondersoek word Donderdag gedoen om die oorsaak van Odendaal se dood te bepaal. “Die polisie vermoed sy is met haar serp gewurg en sy het moontlik terugbaklei totdat hulle haar met ʼn skerp voorwerp aangeval het.” Mather bly tans by ʼn vriendin in die dorp en beplan nie om verder in die huis aan te bly nie. “Sy staan sterk in hierdie moeilike tyd,” het Peens oor haar ma gesê. Peens het haar ouma as ʼn groot Christen beskryf wat baie in haar gemeenskap betrokke was. “Sy het absoluut voluit gelewe vir haar God, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders. Sy het foto’s van ons almal op haar selfoon gestoor, en het gereeld haar agterkleinkinders se foto’tjies op die selfoon se skerm gesoen.” Odendaal was ook ʼn kraniger naaldwerker en ʼn geliefde inwoner van Vredendal en George, die twee dorpe waar sy die grootste deel van haar lewe deurgebring het. Kapt. Frederick van Wyk, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord. “Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het hy gesê. Die ondersoek duur voort. Die polisie versoek enigiemand wat hulle kan bystaan met die saak, om Crime Stop by 08600 1111 te skakel. Odendaal se troosdiens vind Maandag om 10:00 uit die Vredendal NG Moedergemeente plaas. http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/vredendal-plaasmoord-bejaarde-glo-met-eie-serp-verwurg/ ============== Elderly woman 74 killed in Vredendal farm attack Carmel Loggenberg CAPE TOWN – An elderly woman has been murdered in Vredendal. The 74-year-old victim was attacked on a farm in the area this week. The SA police's Frederick van Wyk says, “A murder case was opened for investigation on Tuesday after the woman’s body was found. No arrests have been made and the investigation continues.” http://ewn.co.za/2014/08/20/Elderly-woman-killed-in-farm-attack He didnt say if anything was 'robbed'.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles