Survived: Gary Botha 16, fights back against 3 black males burglars - one of who beat and stabbed him in the head, also bit, tried to strangle, kicked and beat him: Krugersdorp home: Later that night two security guards were stabbed, one critical in hospital. SAPS believes they are members of the same gang.
----------------
reported by Amoryn Golden Caxton Krugersdorp News.
Inbrekers byt, wurg en slaan skoolseun
‘n Dapper skoolseun veg terug toe hy in sy huis aangeval word.
Amoryn Golden 15 August 2014 15:03
Krugersdorp: Drie mans het met voorbedagte rade vermoedelik in ‘n oop veld buite ‘n gesin se huis geskuil om te wag totdat almal die huis verlaat het. Net na 5vm Woensdagoggend 13 Augustus het een van die drie die voordeur van die Botha-gesin se huis in Levelstraat opgebreek om toegang te verkry. In daardie stadium was Gary Botha, die jongste lid van die gesin nog by die huis en hy het sy ma, wat per bus op pad werk toe was, gebel om vir haar te sê dat hy vermoed dat iemand besig is om by hul huis in te breek.
“Ek het teruggeveg en hom tussen sy bene gegryp” — Gary Botha (16)
Sy ma Anna-Marie Botha wat magteloos in die bus gesit het, kon oor die telefoon hoor hoe iemand by die huis inkom en haar seun oorval. Sy het paniekbevange ‘n familielid gebel om na haar huis toe te gaan. Intussen vertel die jong Gary dat hy kon sien dat sy teenwoordigheid die inbreker onkant gevang het. “Dit was nie deel van die plan nie, hy het my nie daar verwag nie,” sê hy. Die man het volgens Gary op hom afgestorm waar hy agter die kombuistafel gestaan het. “Hy het my ‘n paar keer om die tafel gejaag, en ek het besef dat ek vir my lewe en ons besittings moet veg,” vertel hy. Hy vertel dat hy toe na sy slaapkamer gehardloop het om sy hokkiestok te kry om homself te verdedig. “As ‘n kranige hokkiespeler is dit waar hy die meeste in beheer voel,” vertel sy pa Fred Botha. Fred vertel dat hy sy seuns geleer het om nie ‘n slagoffermentaliteit te hê nie. “Ek glo dit het in dié geval baie gehelp,” sê Fred. Gary was nog besig om die ritssluiter van sy hokkiesak oop te maak toe die inbreker hom met die kop stamp en hom in die gesig byt. ‘n Woeste geveg het uitgebreek en Gary het die indringer ‘n paar vuishou toegedien. “Ons het seker langer as vyf minute op die grond gestoei en in die badkamer geëindig,” vertel hy. Daar het Gary op die grond met sy rug teen teen die muur gesit en is verskeie kere geskop. Die aanvaller het ook Gary se kop teen die deur en die bad geslaan.
Die wond aan Gary Botha se kop nadat 'n aanvaller sy kop teen 'n badkamerdeur geslaan het.
“Ek het teruggeveg en hom tussen sy bene gegryp,” vertel Gary. “Hy het ‘n skerp voorwerp uit sy agtersak gehaal en ek moes hom met my bene keer,” sê hy. Die inbreker het toe gevra waar hulle skootrekenaar was en ‘n bebloede Gary het dit oorhandig. Net voor die inbreker kon vlug het ‘n vroulike familielid by die huis opgedaag. Sy het hom in die deur teëgekom en hom ook ‘n paar vuishoue toegedien voor hy kon vlug. By ‘n huis net verder af in die straat is twee sekuriteitswagte dieselfde nag met ‘n mes gesteek. Een van die slagoffers is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Volgens Krugersdorp se polisiewoordvoerder Tshepiso Mashale word daar vermoed dat dieselfde verdagte daarvoor verantwoordelik is. “Die polisie is bewus van die bende van drie waarvan dié man ‘n lid is. Ons soek tans na al drie,” sê sy. Onder leiding van Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) voorsitter vir die area Gert Jonker is ‘n reuse soektog kort na die aanval na die verdagte geloods. “Ons het 30 motors, snuffelhonde, patrolleerders en ‘n helikopter in die area uitgestuur maar kon ongelukkig nie die verdagtes opspoor nie,” sê Jonker. Jonker waarsku teen ‘n toename in misdaad en raai inwoners aan om meer op hul hoede te wees en verdagte voertuie en mense by die polisie aan te meld. Hy beveel ook aan dat inwoners by hulle plaaslike GPF aansluit.
FOTO'S: Gary Botha wys die kneusings, wonde en bytmerke wat hy opgedoen het toe hy in sy ouerhuis aangeval is en die wond aan Gary Botha se kop nadat ‘n aanvaller sy kop teen ‘n badkamerdeur geslaan het.
↧