Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

2 murders: Afrikaans couple Gert and Louise de Lange bludgeoned to death, Claremont Hercules security complex

$
0
0
Double-murder Afrikaans couple: Gert 67 and Louise "Pop" de Lange 65, bludgeoned to death in Claremont Hercules Pretoria-West security-complex: http://www.rekordmoot.co.za/22725/egpaar-in-huis-vermoor/ 12 August 2014 reported by Natalie Grobler Bejaarde egpaar in huis vermoor Natalie Grobler 12 August 2014 - The elderly Afrikaans couple Gert 67 and Louise de Lange 65, were found bludgeoned to death on Tuesday Aug 12 2014 in their high-security complex in Pretoria West. Their son Deon went to investigate after he was unable to raise them on their phones, said SAPS capt Bonginkosi Msimango of the Hercules SAPS at the Rekord daily. When the son walked in he found his parents' bloodied bodies on the bedroom floor. It appeared as if they were attacked in bed but had 'put up a furious defence because the bedroom was in great disarray'. "Both showed visible headwounds,' said the police captain. Eye witnesses nearby told the police that they had seen two 'suspicious men' chase away from the building in Mr De Lange's old car, a silver Corsa Lite 2004 model, reg POP-000-GP (?). Best Care paramedic Corné de Vos who responded to the crime scene, said 'it appeared as of the couple were beaten with a blunt object, but further examinations will have to be done.' It appeared as if the loot was little: missing are a dvd-player and tv-set. AFRIKAANS ARTICLE: Die egpaar, Gert (67) en Louisa de Lange (65), se seun, Deon, het Dinsdagoggend op hul lyke afgekom. Hy het onraad vermoed nadat hy hulle nie op hul selfone kon bereik nie. Die lyke is op die slaapkamer vloer aangetref waar hulle vermoedelik oorval en met ‘n stomp voorwerp aangerand is. Beide van hulle het sigbare hoofbeserings opgedoen. “Die slaapkamer is woes deurmekaar wat aandui die egpaar het weerstand gebied,” het Kaptein Bonginkosi Msimango, Hercules-polisiewoordvoerder aan Rekord gesê. Ooggetuies het twee verdagte mans Dinsdagoggend van die toneel sien wegjaag in die vermoorde man se voertuig, ‘n silwer Corsa Lite 2004 model, registrasienommer-POP000GP. “Dit wil voorkom asof die egpaar met ’n stomp voorwerp doodgeslaan is, maar verdere ondersoek moet ingestel word,” het Corne de Vos, Best Care-paramedikus gesê. Dié rowers het ‘n DVD-speler en televisiestel gebuit. http://rekordmoot.co.za/22725/egpaar-in-huis-vermoor/ =============== AFRIKAANS REPORT: Son and daughter-in-law find murdered parents Dolf de Lange 67 and wife Pop 64 bludgeoned to death in Claremont Pretoria West home: Reported by MaroelaMedia @Afriforum journalist 12 Augustus 2014 Phillip Bruwer Dolf de Lange (67) en sy vrou, Pop (64), se bebloede liggame is Dinsdagoggend in hul meenthuis in Claremont in Pretoria-Wes aangetref. Die egpaar, jarelange opsigters van die West Side Terrace-kompleks, is glo met ʼn stomp voorwerp doodgeslaan. Dit kom minder as vier maande nadat Pop en haar dogter, Suzette, van die Kwagga-winkelsentrum agtervolg is en voor die einste kompleks aangehou en beroof is. Deon en Colette, die egpaar se seun en skoondogter, het op hul liggame in hul slaapkamer afgekom. Colette was Dinsdag erg geskok toe sy met Maroela Media gepraat het. “Dit voel so onwerklik. Dit is so sinneloos,” het Colette verslae gesê. Daar word vermoed dat twee mans Dinsdagoggend tussen 07:00 en 08:00 toegang tot die huis deur die motorhuis verkry het, en die egpaar in hul slaapkamer oorval het. Hulle was reeds dood toe Deon en Colette omstreeks 09:00 op hulle afgekom het. Die egpaar het sigbare kopbeserings gehad. Deon het dadelik die polisie ontbied. Sover vasgestel kan word, word ʼn DVD-speler, televisie en die egpaar se voertuig vermis. Die slaapkamer was baie deurmekaar. Die egpaar het vermoedelik terugbaklei toe hulle aangeval is. Volgens een van die kompleks se werkers het hy die egpaar se silwer Corsa Lite-bakkie, met die registrasienommer POP000GP, omstreeks 08:00 by ʼn verkeerslig in die omgewing gesien. Dalene Loodts, die huidige opsigter van die kompleks, het aan Maroela Media gesê sy en haar man, Joost, het in Februarie as opsigters by die De Lange-egpaar oorgeneem. “Ons ken mekaar al agt jaar lank. Hulle was wonderlike en vriendelike mense, en altyd behulpsaam,” het Loodts gesê. Volgens Loodts het sy omstreeks 09:00 in die kompleks rondgestap, toe sy Colette buite die egpaar se huis sien staan het. “Sy was baie ontsteld. Colette het vir my gesê haar ouers is dood en kort daarna toe was die polisie, ambulanse en veiligheidsmaatskappye op die toneel.” Sy het gesê die voorval het haar erg geskok. Kapt. Tsekiso Mofokeng, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Die polisie ondersoek ʼn saak van moord,” het hy gesê. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie versoek enigiemand wat die slagoffers se bakkie sien, om Crime Stop by 08600 10111 te bel. http://www.maroelamedia.co.za

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles