Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Survives: Smallholder, 80, Boschkop, tortured by 4 blacks who broke his boerbull- dog's back:

$
0
0
Survives: Afrikaner Smallholder, 80 #Boschkop NW in intensive care after torture-bashing by 4 blacks who break his dog's back: -- Afrikaans article by Phillip Bruwer, Maroela Media Afriforum online publication: 4 Augustus 2014 ʼn Bejaarde man van Pretoria is in die waakeenheid van ʼn hospitaal opgeneem nadat vier gewapende mans hom Maandag op sy kleinhoewe aangeval en gemartel en sy hond se rug gebreek het. Kapt. Marissa van der Merwe, die stasiebevelvoerder van die Boschkop-polisie, het aan Maroela Media gesê die 80-jarige man bly alleen op sy kleinhoewe in die ooste van die stad. “Hy is vanoggend vroeg uit sy huis om die boerboel te voer,” het Van Der Merwe gesê. “Die vier mans het hom tussen 05:00 en 06:00 buite sy huis oorval en aangerand. Hy is in sy slaapkamer in gedwing waar die mans hom met ʼn strykyster gemartel en sy vuurwapens geëis het.” Die aanvallers het die huis geplunder en waardevolle items in sy motor gelaai. Die aanvallers het selfs van sy kruideniersware, waaronder bokse melk, gebuit. “Iets het die aanvallers moontlik gesteur, want hulle het alles in die motor gelos en te voet met die vuurwapens gevlug,” het Van der Merwe bygevoeg. “Die polisie vermoed hulle het dalk gevlug toe die huishulp omstreeks 06:00 vir werk opgedaag het. Die huishulp het haar werkgewer in die kamer gevind en hulp ontbied. Die aanvallers wou moontlik ook die man in sy kamer aan die brand steek, maar dit het darem nie gebeur nie.” Van Der Merwe sê die aanvallers het die man se hond só erg aangerand dat die hond se rug gebreek het. “Die hond moes van kant gemaak word,” het sy gesê. Die man is tans in ʼn stabiele toestand in die Wilgers-hospitaal.Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en huisbraak. Niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie. http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/bejaarde-op-kleinhoewe-gemartel-waghond-se-rug-gebreek/

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles