Dean Jones, 35, was shot dead by 'robbers' outside his Isando, Sandton home on Monday July 14 2014. SAPS captain Kym Cloete said two armed man attacked his wife Ismini 38, when she arrived home. They shot dead Mr Jones in front of his wife, reported the Afrikaans daily on July 17 2014. Nothing was robbed but it was described as a robbery.
---------------
’n Man van Sandton word vandag begrawe nadat rowers hom twee dae ná sy huweliksherdenking voor sy vrou doodgeskiet het.
Dean Jones (35) is Maandag omstreeks 17:00 buite sy huis in ’n kompleks in Isando vermoor.
Kapt. Kym Cloete, polisiewoordvoerder, het gesê twee gewapende mans het op sy vrou, Ismini (38), toegeslaan toe sy by die huis aangekom het.
“Die aanvallers het aan die motorruit gekap.
“Die slagoffer het in trurat probeer kom en haar toeter gedruk.
“Sy het toe by die motorhuis ingery en die aanvallers het haar gevolg.”
Dean het weens die lawaai uit die huis gekom en die aanvallers het hom ten aanskoue van Ismini geskiet.
Die mans is sonder buit daar weg.
Mark Pilgrim, ’n vriend van die egpaar, het op sy webblad geskryf die mans het Ismini na hul huis agtervolg.
“Toe sy by die kompleks ingery het, het die kapers by die hek op haar en die veiligheidswag toegesak en haar motor probeer steel.
“Dean het uit die huis gekom om te sien wat fout is en hulle het hom, sonder huiwering, drie keer geskiet.”
Volgens Pilgrim het die paartjie hul huweliksherdenking twee dae voor Dean se moord gevier. Hulle was vyf jaar getroud.
“Geweld is oral om ons. Ons weet dit. Maar wanneer dit iemand so na aan ons raak, voel ons dit soveel meer,” het Pilgrim gesê.
Die TV-en-radiopersoonlikheid Bailey Schneider, ook ’n vriend van die egpaar, het op haar webblad geskryf dat Dean “te vroeg, so tragies en gewelddadig” van hulle weggeneem is.
Ismini het op Instagram geskryf Dean se roudiens is vandag (17 Julie) 14:00 in die Rosebank Union Church.
Ismini het Dean as haar sielsgenoot beskryf en gevra dat mense in plaas van om blomme te bring eerder ’n skenking aan Santa’s Shoebox doen.
http://www.beeld.com/nuus/2014-07-17-kapers-skiet-man-35-voor-sy-vrou-dood
↧