Free State Farmers angry, upset and worried about murder of Jan de Kock, 69, on Petrus Steyn farm:
TOM DE WET EN JANA SMIT - Volksblad: Dinsdag 15 Julie 2014 PETRUS STEYN. – Die moord op Jan de Kock, gesiene boer van die distrik, het die gemeenskap geruk. Medeboere is kwaad, ontsteld en hartseer, ander vind dit moeilik om hul emosies in woorde uit te druk.
Almal is dit egter eens – daar moet meer gedoen word om boere se veiligheid te verseker en onbesonne uitsprake wek kommer.
Op De Kock se plaas was elke moontlike veiligheidsmaatreël in plek. Nogtans het drie aanvallers hom Sondagoggend in die pakhuis op sy plaas oorval, met binddraad vasgebind en vermoor. Sy vrou, Marietjie, is in die badkamer in die huis toegesluit.
Die moordenaars het met sy bakkie, verskeie vuurwapens, kontant en selfone gevlug.
Dan Kriek, president van Vrystaat Landbou wat self in die omgewing boer, sê hy was Sondag op die plaas om sy meegevoel te betuig.
“Dit is die werk van lafhartige boosdoeners wat ons hoop gou vasgetrek sal word.
“Dit maak ons net meer vasbeslote om ons landelike beveiligingsplan provinsiaal en nasionaal in werking te stel en saam met die polisie te dryf.”
Gerhard Gouws, veiligheidskoördineerder vir Petrus Steyn, sê baie boere is negatief.
Dit is ’n groot en hartseer ding wat hier gebeur het. Uit my oogpunt kan ek wel met eerlikheid sê dat ek goeie samewerking van die polisie kry.”
Gerrie Benade, buurman en een van die eerste mense Sondagoggend op die plaas Groot Waag, sê boere is ontsteld en opgewerk.
“Jy doen alles om jou plaas so veilig moontlik te maak, maar jy weet nooit wanneer dit jou beurt is nie.”
Hy sê die gebeure twee weke gelede, toe by De Kock se buitekamers ingebreek, vleis gesteel en sy honde vergiftig is toe hy nie tuis was nie, moes vir almal ’n aanduiding gewees het van wat kom.
Die betreders het toe vleis gebraai in dieselfde pakhuis waar De Kock Sondag vermoor is.
Chris Nel, ’n boer van die distrik, sê hulle besef dit is ’n onbegonne taak om die meer as 60 boere in die distrik te beskerm.
“Jou huis kan so veilig wees as wat moontlik is, maar as hulle jou buite inwag, is jy weerloos.”
Japie Oosthuizen, voorsitter van die Riemland-boerevereniging in die buurdorp Reitz, sê die plaasaanvalle die afgelope tyd hier maak hulle bekommerd.
“Dit voel of jy enige oomblik ’n teiken kan wees.”
Hy sê hy vermoed die voorvalle kan verband hou met die radikale uitsprake oor grondhervorming. “Die feit dat hulle 50% van plase wil hê . . . dit is asof hulle die land wil verlam.
“Paraatheid is die enigste manier vir boere om hulself te beskerm.
“Maar wat kan jy doen as jy in ’n lokval gelei word? Geen mens kan 24 uur per dag op jou hoede wees nie.”
Hennie Gerber, hoof van Landelike Beveiliging, sê samewerking en pro-aktiwiteit moet die motto wees, maar misdaad kan nóóit 100% voorkom word nie.
Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF+, sê die regering neem nie behoorlik standpunt in teen plaasaanvalle nie en laat sekere rassistiese uitsprake, wat Julius Malema maak, toe. Dit veroorsaak spanning.
Hy sê hulle veroordeel elke plaasaanval, of dit teen ’n wit of swart boer is.
Wouter Wessels, Vrystaatse VF+-LP, sê die moord op De Kock is bewys dat die Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer verkeerd is wanneer hy sê dat landelike beveiliging werk en daar geen krisis bestaan nie.
“Dié soveelste plaasaanval in die Vrystaat bewys dat hierdie misdaad as ’n prioriteit geklassifiseer moet word.”
http://www.volksblad.com/nuus/2014-07-15-boere-kwaad-hartseer-en-bekommerd-n-jongste-plaasmoord-in-vs
------------------
July 13 2014: Afrikaner farmer Jan de Kock murdered on his Petrus Steyn farm Sunday 13 July 2014, confirms SAPS spokesman: Facebook page: fb.me/6AGbWb13t
Awaiting more details.
(Afrikaans on Boere Krisis Aksie)
Petrus Steyn. – Die hulpkrete van ’n boervrou, vasgebind in haar huis se badkamer, het bure na haar gelei waar hulle moes hoor dat haar man vermoor in die pakhuis lê.
Jan de Kock (69) van die plaas Groot Waag se lyk was met binddraad aan sy vierwielmotorfiets vasgebind.
Sy vrou, Marietjie, is erg geskok, maar nie beseer nie.
Bure het hulle Sondag na die plaas gehaas nadat De Kock se Ford Ranger-dubbelkajuitbakkie met die sleutels daarin verlate deur die polisie in Vereeniging gekry is.
De Kock is vermoedelik oorval toe hy Sondagoggend na beeste in die spruit wou gaan soek.
Sy aanvallers is met hom terug na die plaashuis waar sy vrou ook oorval en vasgebind is.
Gerrie Benadé, ’n buurman en goeie vriend, het Sondag baie bewoë gesê De Kock was vir hom soos sy eie pa.
Hy het gesê nadat die bakkie opgespoor is, het iemand op die plaas gaan ondersoek instel, maar alles het in orde gelyk.
Benadé het omstreeks 11:30 ’n oproep van ’n polisielid gekry wat bevestig het dat dit wel De Kock se bakkie is wat gekry is.
Hy het met Jan Joubert, hul ander buurman, gepraat en hulle het na die plaas gejaag.
“Daar aangekom het my seun vir my gesê die agterdeur is oop.
“Ek het gedink dit is onmoontlik. As die oom en tannie nie op die plaas is nie, sou hulle nie die agterdeur oopgelos het nie.
“Ons het tannie Marietjie hoor skreeu: ‘Help my, help my!’ waarna ons haar vasgebind in die badkamer gekry het.
“Sy het vir my gesê oom Jan is dood en is in die pakhuis.
“Ek kon hom nie daar kry nie. Tannie Marietjie en oom Jan Joubert is na die voorkant van die skuur waar hulle hom gekry het.”
Hy het gesê daar was jare lank nie ’n plaasmoord in die distrik nie.
Die egpaar se kinders het Sondagmiddag van Gauteng na die plaas gekom.
Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, het Sondagmiddag gesê die inligting is nog min.
De Kock is volgens die voorlopige ondersoek erg aangerand en het moontlik aan sy beserings beswyk.
Daar was blykbaar drie aanvallers. Die polisie was Sondag tot laat nog op die toneel met die ondersoek besig.
Hy het gesê buiten die voertuig is alleen vuurwapens en selfone gebuit.
↧