#LandInvasions 3 white-owned farms torched by black farm-invaders #Gamalakhe KZN 4am June142014
http://www.censorbugbear.org/farmitracker/reports/view/2438 -
: three farms including this ruined wreck of Len Pienaar's homestead and store, (pics) were overrun by a mob from #Gamalakhe KZN who claim 'the land belongs to them'... report by Chris Fourie of Afriforum in KwaZulu Natal - who tweeted to the SA Police Service at 18h00 that the 'protest march by the Gamalakhe community is 'protected' but we demand protection for the farmers.'
AFRIKAANS REPORT FROM AFRIFORUM.CO.ZA
Afrikaans report from AFriforum June 14 2014
Lede van die SAPD in Ingogo het ʼn boer in kennis gestel dat besetters op sy grond, wat die plek aan die brand gesteek het, nie van brandstigting aangekla kan word nie omdat hulle in werklikheid die eienaars van die grond is.
Chris Fourie, AfriForum se provinsiale koördineerder in KwaZulu-Natal, sê dat mnr. Gerhard Botes, eienaar van die plaas Samson net buite Newcastle, omstreeks 14:45 op 8 Junie 2014 gesien het hoe besetters op sy grond die veld aan die brand steek. Hy het die plaaslike polisiestasie in Ingogo geskakel, maar toe hulle op die plaas aankom het hulle geweier om ʼn saak van brandstigting te open.
Fourie het gesê brandstigting is waar ʼn persoon onwettig en met voorbedagte rade iemand anders of sy eie onroerende eiendom aan die brand steek en dan die waarde van ʼn versekeraar verhaal.
“Die SAPD-lede het nie die nodige inligting omtrent die eienaarskap van die plaas gehad nie, maar prima facie-bewyse dui daarop dat mnr. Botes die wettige eienaar van die plaas is. Die SAPD-lede moes die saak oopgemaak het soos versoek en dit aan die ondersoekbeampte oorgelaat het om te bepaal wie die eienaar is. Hierdie optrede van die SAPD kan ʼn presedent skep dat besetters as eienaars beskou word en dat hulle kan doen wat hulle wil,” het Fourie afgesluit.
AfriForum het versoek dat die SAPD se stasiebevelvoerder by Ingogo die geval ondersoek en seker maak dat die brandstigters aan die pen ry.
Nog ʼn voorbeeld van AfriForum wat sy lede se regte beskerm. Indien jy by ʼn organisasie wil aansluit wat ‘n verskil maak en aan die gemeenskap sy stem terugbesorg, SMS “Newcastle” na 45267. R1/SMS.
https://www.afriforum.co.za/besetters-brand-boer-se-besittings-sapd-weier-om-op-te-tree-afriforum/
↧