Farmer and daughter shot and injured, mother chases off attackers from farm, Ugie
SAPS arrested the wife for 'handling her husband's gun -- and ambulance did not have enough fuel to transport victims to hospital, says Afriforum spokesman Ian Cameron
SAPS wanted to arrest the Afrikaner farm-wife who chased of attackers of her husband and daughter at Ugie, 3 April, reports Suné van Heerden op 3 April 2014
"The SAPS wanted to arrest a woman who fired towards farm-attackers after their homestead was attacked at 21h00 on Wednesday-evening by three armed black males. The husband and the daughter were shot and injured and the wife grabbed her husband's firearm and fired back at the attackers, injuring one of them. "The SAPS wanted to arrest the wife because she fired HER HUSBAND'S GUN. said Ian Cameron, head of community safety at Afriforum. "They would only release her after threats of legal action were issued to the cops. T|he two victims could not be transported by ambulance to hospital 'because the ambulance did not have enough fuel' said Cameron. They were taken to Maclear for temporary medical care until they could be taken to Queenstown hospital.
http://www.afriforum.co.za
Phillip Bruwer op 3 April 2014
ʼn Pa en sy dogter is geskiet nadat drie gewapende mans hulle Woensdagaand in hul plaashuis in die Ugie-omgewing in die Oos-Kaap oorval het. Henk Pieterse, ʼn voormalige polisiebeampte en sakeman van Ugie, het Donderdag aan Maroela Media gesê die aanval het omstreeks 21:00 plaasgevind. “Die man, sy vrou en hul tienerdogter was by die huis toe die aanval plaasgevind het,” het Pieterse gesê. Hy sê die aanvallers het aan die deur geklop en dit oopforseer.
“Volgens die inligting wat ek ontvang het, het een van die mans ʼn klapmus gedra. Twee van hulle was met vuurwapens gewapen en een met ʼn mes,” het hy gesê.
Die mans het, toe hulle by die huis instorm, op die tiener geskiet en haar in die bors gewond. Die boer het intussen sy vuurwapen gegryp waarna die aanvallers hom in die been gewond het.
“Sy vrou het die vuurwapen by haar man gegryp en een van die aanvallers geskiet en gewond. Hulle het daarna gevlug. Soos wat ek verstaan was hul wegkomvoertuig ʼn taxi,” het Pieterse gesê.
Intussen het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê dat ʼn ambulans wat ontbied
glo nie genoeg brandstof gehad het om die slagoffers na die plaasaanval te vervoer nie.
Cameron sê die slagoffers het tydelike mediese sorg in Maclear ontvang, hoewel daar geen dokter beskikbaar was nie, en die ambulans het nie genoeg brandstof gehad om die twee slagoffers na die hospitaal in Queenstown te neem nie. “Dit is ʼn absolute skande dat die staat sy plig so teenoor landsburgers versuim,” het hy gesê. “Die land steier onder korrupsie, met politieke leiers wat openbare poste beskou as ʼn geleentheid om pap te skep eerder as om gemeenskappe te dien.”
Volgens Cameron word die verdagtes moontlik verbind aan ʼn aanval op ʼn bejaarde egpaar sowat drie weke gelede.
Dit is in die stadium nie bekend of die drie verdagtes in hegtenis geneem is nie. Maroela Media wag vir kommentaar van die Maclear-polisiestasie oor die aangeleentheid.
olgens Pieterse gaan die omgewing, waaronder Ugie en Maclear, oor die afgelope tyd erg gebuk onder misdaad. “Inwoners van alle rasse loop onder misdaad deur. Daar is geweldig baie verkragtings in die Begela-informele nedersetting. Selfs die polisie is te bang om na sononder die gebied te betree,” het hy gesê.
Hy het gesê daar was in die afgelope ses weke vier gewapende rooftogte in die gebied. “Die mense is desperaat en keelvol. Ons wil in samewerking met AfriForum ʼn gemeenskapsbeveiligingsprojek van stapel stuur om die polisie by te staan.”
Mense wat by die beveiligingprojek wil aansluit kan Ferdie Bester bel by 071 476 5631.
http:://www.maroelamedia.co.za
↧