Lettie Rupping 87, found murdered along road between Mbekweni and Oxton, East Cape
Reported by Suné van Heerden
25 Maart 2014 Mrs Lettie Rupping (87) of Tarkastad in the East Cape was
found murdered next to road between Mbekweni and Oxton at around 08h00 Monday March 24 2014.
It is believed that she was attacked after church and murdered at her home.
"Her house was locked and her vehicle missing'.
The Tarkastad SAPS was alerted by house-workers and were told of a woman's body found in the Whittlesea policing district.
Mrs Rupping's family identified her body. Her car was found in Cradock. There has been no information about the way she could have been murdered.
The SAPS spokesman colonel Sibongile Soci did not divulge details.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/87-jarige-van-oos-kaap-dood-aangetref/
Afrikaans news report:
""I will die on my shoes, on my farm" -- Murder victim, sheep farmer Lettie Rupping told friends before she was shot dead and dumped next to the road near Tarkastad.'
-----------
NC LAKSMANNE AANGEKEER" - "March 26 2014: Sondag was sy nog by die kerk, fier en fluks soos die mense Lettie Rupping, skaapboer en steunpilaar van Tarkastad, onthou.Gister het die polisie uiteindelik haar moord bevestig en aangekondig dat drie vermeende moordenaars aangekeer is.
Rupping (82) is geskiet – volgens haar vriende drie keer – en haar lyk is Maandagoggend 70km van haar plaas, Rietfontein, langs die pad tussen Mbekweni en Oxton naby Whittlesea gevind.
Volgens kol. Sibongile Soci, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, is drie verdagtes, tussen 29 en 42 jaar, Maandag in Tarkastad aangekeer.
“Die oorledene se persoonlike besittings, insluitend ’n vuurwapen en debietkaarte, is by die verdagtes gevind,” het Soci gesê.
Rupping se motor is naby Cradock gekry.
Die moord op Rupping, in die gemeenskap alombekend as Tannie Lettie, het skokgolwe deur Tarkastad gestuur.
Volgens ’n familievriend, wat anoniem wil bly, is Rupping Sondagoggend deur vriende by die kerk gegroet.
Daarna het sy by vriende in die dorp gaan tee drink, voor sy weer na haar plaas, sowat 30km buite die dorp, terug is. Na bewering is Rupping reeds by haar plaashek deur haar moordenaars ingewag.
Haar vuurwapen en bankkaarte is vasgelê en sy is met haar motor en al ontvoer – vermoedelik om seker te maak sy verskaf die regte PIN-kodes vir die bankkaarte.
’n Werker van Rupping het Maandag die bure laat weet iets skort by haar huis en die polisie is in kennis gestel.
Kort daarna het die Whittlesea-polisie laat weet dat ’n lyk langs die pad in hul polisiëringsgebied gevind is. Die lyk is deur Rupping se dogter uitgeken.
Rupping is deur vriende beskryf as ’n vooraanstaande lid van die tuinklub en staatmaker wat altyd reggestaan het om klavier te speel.
Rupping het bykans 19 jaar alleen met skape geboer en wou glad nie daarvan weet om dié bestaan op te gee nie.
Volgens die familievriend is Rupping weer twee weke gelede deur ’n vriend in die koöperasie gevra om dorp toe te trek. Rupping het blykbaar geantwoord, “I’ll die in my shoes, on my farm.”
Vir Willie Liebenberg van Tarkastad AfriForum is die moord onaanvaarbaar.
“Ná ses jaar sonder enige moorde is die moord op tannie Lettie ’n hengse groot skok vir ons.”
Volgens Liebenberg is dit ook tyd vir inwoners om wakker te skrik.
Planne vir ’n Tarkastad-burgerwag is reeds ver gevorder en ’n vergadering daaroor vir volgende week beplan.
“Ons plase is wyd buite die dorp versprei en ons moet nou proaktief begin dink.”
Begrafnisreëlings is nog nie bekend gemaak nie.
↧