Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Murder: Mrs Hazel Huggins, 85, found murdered Summerstrand PE retirement village

$
0
0
Maroela Media: Mrs Hazel Huggins, 85, was found tied up on the floor and murdered. SAPS w/o Alwin Labans said her body was found Friday-morning March 28 2014 in the retirement village of Kruger Gardens in Summerstrand, Port Elizabeth by a nurse who investigated at 07h30 after Mrs Huggins failed to show up for an appointment. Hazel Huggins, ʼn 85-jarige vrou van Port Elizabeth in die Oos-Kaap, se liggaam is Vrydagoggend in haar huis in die aftreeoord Kruger Gardens in Summerstrand aangetref. Ao. Alwin Labans, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Huggins se liggaam is om 07:30 deur ʼn verpleegster aangetref nadat Huggins nie vir ʼn afspraak opgedaag het nie. “Inligting is nog skaars, en die polisie is op die toneel om dit te ondersoek. Ons vermoed sy is ná middernag vermoor,” het Labans gesê. Hy het gesê Huggins het op die vloer gelê en was vasgebind. Haar huis is geplunder. “Die oorsaak van haar dood is in hierdie stadium nog nie bekend nie en sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word. Dit is ook nie bekend hoeveel mense in die aanval betrokke was nie, en of enigiets gesteel is nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisbraak. Ons versoek enigiemand met meer inligting om die polisie by 08600 10111 te bel,” het hy bygevoeg. Ken Keen, die uitvoerende hoof van die organisasie wat die aftreeoord bestuur, het ʼn kennisgewing aan inwoners van die oord gestuur wat sê dat Huggins deur die loop van die aand aangeval is. Hy het gesê die organisasie is daartoe verbind om te doen wat nodig is om hul inwoners te beskerm. http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/bejaarde-in-pe-aftreeoord-vermoor/

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3088

Trending Articles